Mossel Bay Advertiser

GRDM sit bal aan die rol

- Eugene Gunning

Geduld is verlede Woensdag, 2 November beloon toe die eerste sooi gespit is vir die bou van 'n moderne brandweers­tasie vir die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it (GRDM). Die projek kom al 'n lang pad en Memory Booysen, burgemeest­er van die GRDM, het die seremonie in George waargeneem.

Hy is onder meer bygestaan deur Grant Riddles, Hessequa-burgemeest­er, Leon van Wyk, George-burgemeest­er en Gert van Niekerk, onderburge­meester van die distriksmu­nisipalite­it.

Bouwerk sal in die middel van hierdie maand begin en die gebou sal na verwagting teen die einde Junie 2023 gereed wees om in bedryf gestel te word. Dit word teen 'n koste van R11, 6 miljoen opgerig en sal 'n oppervlakt­e van 5 877 m2 op twee erwe beslaan in die Tamsui Industriag­ebied.

Monde Stratu, die Tuinroete se munisipale bestuurder, het tydens die geleenthei­d gesê dis die gevolg van 'n lang proses. Vir baie jare al het die distriksmu­nisipalite­it gepoog om sy eie geriewe te kry.

Hy het sy dank teenoor George-munisipali­teit uitgespree­k vir die beskikbaar­stelling van die grond. Hy het ook ander belanghebb­endes bedank vir hulle bydraes.

Clive Afrika die bestuurder-gemeenskap­sdienste van die GRDM, het 'n oorsig gegee van die aanloop tot die bou van die nuwe stasie. Die distriksbr­andweerdie­ns is oorspronkl­ik in 1987 met 14 vrywillige brandweerb­eamptes begin. Dit het oor die jare gegroei en vandag is daar 40 permanente lede.

Leon van Wyk, George se burgemeest­er, het gesê dat hy daarna uitsien om die nuwe stasie te sien. Dit is 'n belangrike toevoeging vir George en die Tuinroete.

Memory Booysen het gesê dat alles klein begin en vir hom is die brandweers­tasie 'n

droom wat waar geword het.

Gert van Niekerk, onderburge­meester van die GRDM, het gesê almal wat teenwoordi­g

is, is deel van 'n geskiedkun­dige dag en dit is 'n ware bewys van wat bereik kan word as entiteite saamwerk.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Memory Booysen, burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it (GRDM), neem die sooispit-seremonie waar. By hom is Grant Riddles, Hessequa-burgemeest­er, Leon van Wyk, Georgeburg­emeester en Gert van Niekerk, onderburge­meester van die GRDM.
Foto: Eugene Gunning Memory Booysen, burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it (GRDM), neem die sooispit-seremonie waar. By hom is Grant Riddles, Hessequa-burgemeest­er, Leon van Wyk, Georgeburg­emeester en Gert van Niekerk, onderburge­meester van die GRDM.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa