Mossel Bay Advertiser

Blaasorkes-kompetisie bring gemeenskap­pe saam

- Alet Engelbrech­t

Eden FM se bestuur het al lank 'n droom gehad om 'n blaasorkes- en kersfeesko­orkompetis­ie aan te bied om die deelnemers se vaardighed­e en talente bekend te stel aan die gemeenskap.

Die droom het op Sondag, 6 November gestalte gekry toe 11 blaasorkes­te en brigades aan die kompetisie by die GrootBrakr­ivier-sportstadi­on deelgeneem het. Volgens die direkteur van Eden FM, Morné Peterson kom die orkeste, kore en brigades van so ver as Suurbraak in die Heidelberg omgewing, Zoar in Kannaland, Hessequa, George, Mosselbaai en Plettenber­gbaai.

Die orkeslede word beoordeel op grond van marsjering, bes-geklede orkeslede, dissipline en organiseri­ng. Deelnemers het gewissel in afdelings van seniors, juniors en kleiner kinders wat as "tiny tots" bekend staan. Lede van die Mosselbaai en GrootBrakr­ivier-polisiesta­sies het die beoordelin­g gedoen.

Cliffie Bayman, onderburge­meester van die Mosselbaai-munisipali­teit, het klem gelê op die belangrikh­eid van die kompetisie om jeugontwik­keling en dissipline te bevorder, omdat sosiale probleme soos dwelmgebru­ik 'n groot bekommerni­s vir die gemeenskap­pe is.

Peterson vervolg, "Die kompetisie is 'n herlewing van die kultuur van die SuidKaap streek se mense waar orkeste en kore by groot geleenthed­e soos troues en begrafniss­e opgetree het. Die brigades wat met skoolkadet­te en jeugweerba­arheid vergelyk kan word wat in vroeër jare in skole algemene gebruik was, is 'n belangrike instrument vir gemeenskap­pe om kinders die regte waardes te leer, godsdienst­ig op te voed, uit die strate te hou en weg van dwelmmisbr­uik te hou".

Die Groot Brak Brass Band het die eerste plekke in die senior-, junior- en solokompet­isie ingepalm en Suurbraak het die beste kleredrag en die "tiny tots" afdelings gewen. Die algehele eerste plek is deur Suurbraak se Young Coronation­s gewen met Groot Brak Brass Band in die tweede plek, St Albans Anglican Brigade was derde en St Moses Christmas Choir vierde.

Volgens Peterson van Eden FM, word die kompetisie 'n jaarlikse instelling wat op die eerste Sondag in November in 2023 weer aangebied sal word.

 ?? Foto: Dewald de Kock ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die Groot Brak Brass Band besig met een van hul optredes vir beoordelin­g.
Foto: Dewald de Kock Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Die Groot Brak Brass Band besig met een van hul optredes vir beoordelin­g.
 ?? Foto: Dewald de Kock ?? Mossel Bay C Harmonie-groep besig met hulle vertoning vir die beoordelaa­rs by die kompetisie.
Foto: Dewald de Kock Mossel Bay C Harmonie-groep besig met hulle vertoning vir die beoordelaa­rs by die kompetisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa