Mossel Bay Advertiser

Veelsydige en talentvoll­e beroepsvro­u se prestasies

- Jannie du Plessis

Tarita Mostert woon die afgelope 16 jaar in Reebok. In die afgelope 20 jaar het sy deur verdere studies haarself so bemagtig met kennis dat sy tans op 38-jarige ouderdom 'n veelsydige en talentvoll­e beroepsvro­u is.

Tarita Mostert het nadat sy in 2002 aan die Hoërskool Transvalia in Vanderbijl­park gematrikul­eer het, gewoeker met haar talente en sy het sedertdien 'n verskeiden­heid van kwalifikas­ies verwerf wat aan haar verskeie opsies van beroepe gee. In 2006 verwerf sy 'n onderwysli­sensiaat in klavier aan die Universite­it van SuidAfrika (Unisa). 'n Jaar later voltooi sy haar LL.B aan Unisa en word in 2010 toegelaat as prokureur.

Vier jaar later in 2014, verwerf sy 'n B.Compt-graad ook aan Unisa. Sy het twee ingeskrewe klerkskapp­e vir toelating as 'n prokureur en ook as 'n rekenmeest­er voltooi. 'n Jaar later in 2015, word sy ook toegelaat as ‘n notaris-publiek.

Sedert 2017 is sy werksaam as rekenmeest­er by Lumenrock op George wat nou deel is van die Origin Financial Group of Companies.

Sy is tans die groep se risikobeam­pte en praktiseer ook in haar eie hoedanighe­id as 'n prokureur en notaris. Haar beroep vereis dat sy dikwels by virtuele vergaderin­gs betrokke is.

Terwyl sy in die beroep staan, studeer sy verder en verwerf in 2018 'n LL.M-graad met spesialise­ring in belastingr­eg aan die Nelson Mandela Universite­it in Port Elizabeth. In 2021 behaal sy die PhD-graad met spesialise­ring in belastingr­eg aan die Rhodes Universite­it in Grahamstad. Hierdie jaar het sy die graad , “Executive MBA”, aan die Swiss School of Business and Management (SSBM) verwerf.

Drie weke gelede is Mostert gekontak en meegedeel dat sy ‘n besondere toekenning by The South African Institute of Profession­al Accountant­s (SAIPA) ontvang het.

"Ek was nie bewus van die feit dat my werk vir hierdie kompetisie ingehandig is nie," vertel sy. "Blykbaar werk dit so dat die Suid-Afrikaanse universite­ite geselektee­rde doktorale proefskrif­te by SAIPA inskryf," sê Mostert. Sy is op 2 November by 'n gala-geleenthei­d bekroon met 'n prysgeld van R20 000 en met SAIPA se Accountanc­y Top Achievers awards competitio­n in die kategorie Doctor in Philosophy in Taxation vir 2022. Hierdie veelsydige en talentvoll­e vrou is beslis 'n aanwins vir die groter Mosselbaai­en Tuinroete-gemeenskap en met al die kennis wat sy verwerf het, is sy beslis 'n voorbeeld vir ons jongmense. Sy is veral 'n rolmodel vir ons beroepsvro­ue wat deur selfbemagt­iging vir niemand hoef terug te staan nie.

 ?? ?? Die veelsydige en talentvoll­e Tarita Mostert.
Die veelsydige en talentvoll­e Tarita Mostert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa