Mossel Bay Advertiser

Outistiese broers woeker met hul talente

- Alet Engelbrech­t Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

Justin (16) en Jason (14) Barnard is twee outistiese broers wat saam met hul ma en ouma begin het om kunsstukke te maak om op markte te verkoop.

Die broers se ma, Charlene Wiese en hul ouma Corene Kruger, help die seuns deur die kunswerke te verf en te verfraai.

Die seuns wat beide in die Carpe Diem skool op George is, beman die stalletjie en verkoop hul Art for Autism handewerk om só 'n inkomste te verdien en te leer hoe om 'n besigheid te bedryf.

Vir Charlene is dit belangrik dat mense besef dat outiste net gewone mense is wie se breine anders werk as ander.

Sy sê dis altyd 'n bekommerni­s vir 'n ouer met spesiale behoefte kinders oor wat die toekoms vir hulle inhou en hoe hulle gaan oorleef as die ouers nie meer daar is om te help sorg nie.

Charlene vertel dat die kinders haar geleer het om dieper te kyk na dinge óm jou en die baie mooi dinge in die lewe te waardeer.

Sy moedig ander mense met

gestremdhe­de aan om nie moed op te gee nie. Die twee broers beplan om hulself in 'n handewerk ambag te bekwaam.

Die Carpe Diem skool bied verskeie werkprogra­mme aan vir kinders met spesiale behoeftes. Charlene sê: "Ek kan nie uitgepraat raak oor hoe wonderlik die skool is en hoe baie hulle vir ons gesin beteken en doen nie. Ook vir al die ander leerlinge in die skool."

Charlene lewer 'n pleidooi aan besighede in die Mosselbaai en George omgewing om betrokke te raak met werkswinke­ls en fasiliteit­e wat volhoubare ontwikkeli­ng en werk kan skep vir tieners en volwassene­s wat outisties is. "Ons kinders het soveel om te bied en is harde en betroubare werkers. Kom ons gee hulle 'n kans om ook by te dra tot die ekonomie en voluit te lewe."

Die Art for Autism produkte gaan by die Groot-Brak markte beskikbaar wees wat op die eerste Saterdag van elke maand gehou word. Hulle gaan ook tydens die Desember vakansie by die Wit-Kersmarkte­nt 'n stalletjie hê. Kontak Charlene op (061 719 0000) vir meer inligting.

 ?? ?? Jason (14) en Justin (16) Barnard is albei outisties. Hulle sal in die volgende paar weke by talle markte in die Mosselbaai omgewing te sien wees waar hulle “Art for Autism” te koop aangebied word.
Jason (14) en Justin (16) Barnard is albei outisties. Hulle sal in die volgende paar weke by talle markte in die Mosselbaai omgewing te sien wees waar hulle “Art for Autism” te koop aangebied word.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa