Mossel Bay Advertiser

Rauch Gertenbach se 100 jaar spreek van passie, harde werk en toewyding

-

Die tweede verjaarsda­gpartytjie vanjaar om Rauch Gertenbach se groot mylpaal van sy eeuwording in Maart 2022 te herdenk, is verlede Woensdag, 26 Oktober, deur die firma se George-kantoor by Kwagga Cuisine aangebied.

Hulle het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en gaste is verwelkom deur pragtige dekor, heerlike versnaperi­nge en vonkelwyn, met agtergrond­musiek deur Jaco Kriek, asook ‘n spesiale vertoning deur die Hoërskool Outeniqua se jazz-ensemble om tot die feestelike atmosfeer by te dra.

Seremoniem­eester Cornelle Carstens het gesê dit is 'n geleenthei­d wat nou deel vorm van die tydlyn van 'n ryk geskiedeni­s van 'n firma wat diep spore in die Suid-Kaap getrap het.

'n Besondere feesbylaag is uitgegee in samewerkin­g met Group Editors waarvoor Carstens en Mossel Bay Advertiser se Michelle Reyneke, saam met Rauch Gertenbach se Sonia Bester, diep in die argiewe moes grawe. Dit bevat heerlike interessan­te brokkies oor die firma se ontstaan, uitbreidin­g en groei deur die dekades heen.

Direkteur Danie Acker, van die Mosselbaai-kantoor waar Rauch Gertenbach in 1922 sy beslag gekry het, het gesê hulle is baie trots om 100 jaar in die Suid-Kaap te kan vier. Volgens statistiek, oorleef min besighede dit vir 20 of 50 jaar. Die firma is al vir 30 jaar aktief in George betrokke en het 'n klompie jare gelede hul George-kantoor oopgemaak wat vandag ten volle onafhankli­k staan van Mosselbaai met sy eie span personeel.

Kykie terug in tyd

Acker het gaste 'n kykie terug in tyd gegee met 'n uittreksel uit die firma se verhaal wat begin het met die stigter, Johan Scholtz, gebore in

1883 en onder andere deel

van die Rebellie in die AngloBoere­oorlog. "Hy het op 1 Maart 1907 in Boshoff in die Vrystaat as prokureur begin praktiseer en op 1 Maart 1922, na

'n paar omswerwing­e, 'n prokureurs­firma vandag as Rauch Gertenbach, gestig. Soos met baie van ons firma se prokureurs deur die jare die geval was, was hy 'n aktiewe lid van die gemeenskap."

Sinoniem met Rauch Gertenbach se geskiedeni­s is die fassineren­de gebou waarvan die firma die eienaar is. Die gebou, met die adres Kerkstraat 10, is in 1857 deur E Meyer & Co opgerig. Dit het 'n paar keer van eienaars verwissel en is deur die jare vir verskillen­de doeleindes gebruik. "In die vroeë 90’s het Rauch Gertenbach die gebou bekom en ons is vandag nog

steeds daar," het Acker vertel.

Trotse firma met 4 kantore

"Ons is 'n trotse firma met vier kantore in die Suid-Kaap. Ons

het omtrent 60 personeel waarvan 13 prokureurs is. Ons hanteer alle fasette van die reg - van litigasie, eiendomsoo­rdragte en fidusiêre werk, tot sakereddin­gs, likwidasie­s en meer. Met reuse-omsette op ons trustreken­ing is daar geweldig baie mense wat ons vertrou met hulle geld elke jaar. Ons sien uit daarna om vir die volgende 100 jaar die Suid-Kaap en sy mense van diens te kan wees."

Acker het bygevoeg dat die jonger garde opgroei in 'n waardesist­eem waar geglo word in tradisione­le waardes en om profession­eel te wees in hul taak.

Hoërskool Outeniqua se adjunkhoof, mnr. Chris Hattingh, het Rauch Gertenbach gelukgewen­s met hul eeufeesvie­ringe. "Om vir 'n volle eeu as firma te bestaan, getuig van visie, passie, harde werk en kwaliteit diens. Mag die volgende 100 jaar verdere groei en sukses bring. Julle is voorwaar 'n sieraad vir die streek en ons glo dat jul voetspore in George van krag tot krag sal gaan."

 ?? ??
 ?? ?? Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die personeel van die George-kantoor van Rauch Gertenbach in gesellige luim by die firma se eeufeesvie­ring by Kwagga Cuisine.
Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Die personeel van die George-kantoor van Rauch Gertenbach in gesellige luim by die firma se eeufeesvie­ring by Kwagga Cuisine.
 ?? ?? Die Rauch Gertenbach-direksie, van links: Van Niekerk Steyn, Barend Kruger, Danie Acker, Maryke Landman en Jaco Fourie.
Die Rauch Gertenbach-direksie, van links: Van Niekerk Steyn, Barend Kruger, Danie Acker, Maryke Landman en Jaco Fourie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa