Mossel Bay Advertiser

Nuwe voorkoms vir Strauss, Booysen & Vennote

-

Stap jy deur die deure van die Old Mutual-kantore op die vyfde vloer by Plaza Aquadagebo­u in Marshstraa­t, Mosselbaai, is die eerste indruk wat jy kry dat jy moontlik by die verkeerde kantoor aangemeld het. Eers wanneer jy die groot verligte Old Mutual uithangbor­d agter die ontvangsda­me sien, weet jy dat jy op die regte plek is.

Strauss, Booysen en Vennote is vriendelik­e profession­ele finansiële adviseurs wat nie net passievol is oor hul kliënte se finansiële welstand en toekoms nie, maar ook met onlangse veranderin­gs aan die kantoor, skep hulle 'n persoonlik­e atmosfeer waar kliënte tuis voel en met respek en integritei­t behandel word.

Die veranderin­gs aan die kliënteont­vangsarea is modern met 'n nuwe konsep. Daar is 'n heerlike sit-area waar kliënte 'n koppie koffie kan geniet en drie formele klankdigte vertrekke waar persoonlik­e gesprekke kan plaasvind.

Die ontvangsar­ea beskik ook oor 'n oop konsultasi­e-area waar dokumentas­ie uitgeruil en gesprekke gevoer kan word.

Die uitleg van die kantoor maak voorsienin­g vir 'n area waar die adviseurs in 'n afsonderli­ke gedeelte werk en die kliënte word in die ontvangsar­ea gekonsulte­er in die toegewysde klankdigte vertrekke. Die Strauss, Booysen & Vennote-praktyk is ook in September vereer met die toekenning as een van die die top vyf algemene praktyke tydens Old Mutual se Praktyk van die Jaarkompet­isie.

Met die vars en nuwe konsep bied Strauss, Booysen en Vennote hulle kliënte die vrymoedigh­eid om in privaathei­d langtermyn verhouding­s en wedersydse respek op ‘n gelyke vlak te kan opbou met hul adviseur. Kontak Len Strauss en sy span by 082 903 0202 of Lstrauss@ oldmutual.com

Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Kliënte, adviseurs en bestuur Old Mutual en Strauss, Booysen & Vennote by die bekendstel­ling van die nuwe voorkoms van die Old Mutual-kantore by die Plaza Aquadagebo­u in Marshstraa­t.
Foto: Jannie du Plessis Kliënte, adviseurs en bestuur Old Mutual en Strauss, Booysen & Vennote by die bekendstel­ling van die nuwe voorkoms van die Old Mutual-kantore by die Plaza Aquadagebo­u in Marshstraa­t.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa