Mossel Bay Advertiser

Gert Pieterse palm vleisdag in

- Saterdag

Bounty Wildsverwe­rking se vleisdag op Woensdag, 2 November het 164 spelers na die Mosselbaai-gholfbaan gelok . Die individuel­e stableford­kompetisie het uitstekend­e tellings opgelewer. Gert Pieterse (voorgee 24) het weer al sy vernuf na vore gebring en op 44 punte was hy loshande die wenner.

Die76-jarige veteraan Dawid Gerber (voorgee 8), het ‘n besonderse prestasie behaal deur sy ouderdom met een hou te klop. Sy 41 punte het hom as naaswenner uit die stryd laat tree. Borg van die dag, Div de Villiers, se 40 punte het hom die derde plek besorg. Na ‘n lang afwesighei­d het Malan Barnard ook sy stem dik gemaak en op 39 punte eindig hy vierde na die uittel hom bo Alfred du Plessis laat eindig het. Adriaan Maarschalk se 38 punte het hom ook nog ‘n heerlike braaipak besorg.

Op Saterdag, 5 November het die “Guy Fawkes” skote behoorlik geklap, maar gelukkig was dit net die klank van gholfballe. Logan Roos en MS Buys se beterbal telling van 45 punte was genoeg om hulle na die uittel koning te laat kraai. Naaswenner­s Noël Domingo en Gavin Reynolds, ook 45 punte, het ewe goeie gholf gespeel. Die derde plek het aan Danie van Langelaar en Armin Kade op 44 punte behoort. Na die uittel het Wynand Liebenberg en Etienne van Zyl, ook op 44 punte die vierde plek ingepalm. Jongeling Sam Gouws en Hayley Reeves-Moore is met 43 punte ook nie met leë hande huis toe nie.

Die Klubkampio­enskappe op 11 en 12 Desember kom nou vinnig nader. Lede word versoek om so gou as moontlik hulle name op die inskrywing­slys aan te bring. Bespreking­s vir Desemberma­and stroom ook in, so bespreek vroegtydig om teleurstel­ling te voorkom.

 ?? ?? Wenners van die vleisdag is van links: Emil Scheepers, Elmar Noppe, Alfred du Plessis, Marion Nel, Gert Pieterse en Adriaan Maarschalk.
Wenners van die vleisdag is van links: Emil Scheepers, Elmar Noppe, Alfred du Plessis, Marion Nel, Gert Pieterse en Adriaan Maarschalk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa