Mossel Bay Advertiser

Donovan en Hans sorg vir puik prestasies

-

Goeie prestasies is tydens die afgelope Saterdag se November-skietkompe­tisie van die Neill Calitz Skietklub behaal. Bennie van den Heever klop Calie Brown met een punt om as skut van die dag aangewys te word met Hannes Ingram derde, Willie Germishuys vierde en Gert Nel vyfde.

Donovan Day het vir 'n puik prestasie in die snelvuur gesorg toe hy 120/150 behaal het.

Hans Willemse het in die 10m tot 20m metaal-silhoeëtte fyn gekorrel en was die enigste skut wat al vyf die silhoeëtte in die gegewe tyd kon plat skiet.

Die uitslae is soos volg:

.22 oor 10m: 1. Hannes Ingram en Bennie van den Heever; 3. Willie Germishuys, Calie Brown en Gerrie Bester; 6. Suzette Herrer en Gert Nel; 8. Donovan Day; 9. Liam Brown; 10. Ivan Maddison; 11. Hans Willemse; 12. Johanna Germishuys.

.22 oor 20m: 1. Bennie van den Heever; 2. Calie Brown; 3. Willie Germishuys; 4. Gert Nel; 5. Suzette Herrer; 6. Gerrie Bester;

7. Hans Willemse; 8. Ivan Maddison;

9. Donovan Day; 10. Liam Brown; 11. Hannes Ingram.

Snelvuur oor 10m: 1. Donovan Day; 2. Hannes Ingram en Gert Nel; 4. Willie Germishuys; 5. Calie Brown; 6. Bennie van den Heever en Suzette Herrer; 8. Gerrie

Bester; 9. Ivan Maddison; 10. Hans Willemse; 11. Johanna Germishuys en Liam Brown.

Metaal silhoeëtte 10m - 20m: 1. Hans Willemse; 2. Hannes Ingram, Bennie van den Heever, Suzette Herrer, Calie Brown, Gerrie Bester en Gert Nel; 8. Willie Germishuys, Ivan Maddison en Donovan Day; 11. Johanna Germishuys en Liam Brown.

Metaal silhoeëtte spanne 20m: 1. Suzette Herrer en Calie Brown; 2. Hannes Ingram en Gert Nel; 3. Willie Germishuys en Donovan Day; 4. Ivan Maddison en Gerrie Bester; 5. Bennie van den Heever en Hans Willemse asook Johanna Germishuys en Liam Brown.

9mm oor 10m: 1. Hannes Ingram, Bennie van den Heever en Willie Germishuys; 4. Calie Brown en Ivan Maddison; 6. Johanna Germishuys; 7. Gerrie Bester; 8. Hans Willemse en Gert Nel; 10. Suzette Herrer.

Die volgende skietoefen­ing vind op Woensdag, 16 November plaas en die laaste skietkompe­tisie vir 2022 op Saterdag, 3 Desember. Beide geleenthed­e begin om 09:00.

Vir enige navrae oor die klub kontak vir Suzette by (082 478 8090).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa