Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai ikonies met Ironman

- Alet Engelbrech­t

Mosselbaai het op Sondag, 6 November vir die eerste keer die Isuzu Ironman 70.3 aangebied en volgens alle aanduiding­s was die dag 'n reuse-sukses.

Sowat 2 000 atlete wat 15 profession­ele atlete ingesluit het, het aan hierdie eerste Ironman-kompetisie wat in die Wes-Kaap gehou is, deelgeneem.

Hulle het om 07:30 op 'n pragtige, windstil Sondagogge­nd in verskillen­de afdelings en tydgleuwe met 'n 1.9km swem in die see begin.

Die tweede been van die driekamp-kompetisie was 'n fietsrit op 'n sirkelroet­e van 90km waar die atlete by die Gouritzriv­iervallei op die R327 naby Herbertsda­le omgedraai het vir die laaste skof van 45km terug na Mosselbaai.

Teen 10:00 het die temperatuu­r al heelwat gestyg en Mosselbaai se op- en afdraandes het dit moeilik gemaak vir die atlete om die laaste been van 21.1km padwedloop te voltooi. Familieled­e, ondersteun­ers en vrywillige­rs het gehelp om die atlete aan te moedig en te vermaak om die lang pad 'n bietjie korter te maak.

Vir die Suid-Afrikaner, Magda Nieuwoudt wat tweede geëindig het in die vrouekompe­tisie, was die roete fantasties en die reëlings baie goed. Sy sien uit daarna om volgende jaar weer hier deel te neem.

Paul Gillingham, 'n driekamp-atleet van Kaapstad wat al in verskeie kompetisie­s oor die wêreld heen deelgeneem het, het die seetempera­tuur en swem as perfek beskryf, die fietsry as moeilik maar billik vir sterker ryers en die op- en afdraandes van die hardloopro­ete as uitdagend.

Hy voel dat Mosselbaai Ironman 70.3 die potensiaal het om die beste kompetisie van sy soort in die wêreld te word.

Manswenner

In die mansafdeli­ng het Suid-Afrikaners koning gekraai met Bradley Weiss eerste by die wenstreep in 'n totale tyd van 03:50:37. Matt Trautman wat vir 'n groot deel van die wedloop voor was en eers by die 17km merk van die hardloopro­ete, deur Weiss verbygeste­ek is, was tweede met 'n tyd van 03:51:22 net 44 sekondes ná die wenner.

Cameron MacNair was in die derde plek met 'n tyd van 04:06:27.

Vroue-wenner

Die vroue-wenner was Emma PallantBro­wn van Brittanje met 'n tyd van 04:23:26. Sy het so pas derde gekom in die Ironman 70.3 Wêreldkamp­ioenskap wat in St George, Utah in Amerika gehou is. Pallant-Brown is met 'n Suid-Afrikaner getroud en bly nou in Pretoria. Nie alleen het sy die vrouekompe­tisie gewen nie maar sy het ook die negende plek in die algehele kompetisie vir mans en vroue behaal. Magda Nieuwoudt van Pretoria was tweede met 'n tyd van 04:32:26 en Julie Aspeslette­n van Noorweë eindig in die derde plek met 'n tyd van 04:43:31.

Die volledige uitslae van die Mosselbaai Isuzu Ironman 70.3 kan afgelaai word op die IRONMAN Tracker toepassing (wat op iOS en Android) beskikbaar is. Vir meer inligting besoek www.ironman.com/im703mosse­l-bay.

 ?? Foto: Alet Engelbrech­t ?? Atlete in ‘n vrolike luim op Santos-strand voor hul met die swemresies van 1.9 km begin het. Foto: Mandie Black
Toeskouers het orals langs die roete gesit om vriende en geliefdes aan te moedig.
Foto: Alet Engelbrech­t Atlete in ‘n vrolike luim op Santos-strand voor hul met die swemresies van 1.9 km begin het. Foto: Mandie Black Toeskouers het orals langs die roete gesit om vriende en geliefdes aan te moedig.
 ?? Foto: Johan Swanepoel ?? Die eindpunt van die Ironman.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Foto: Johan Swanepoel Die eindpunt van die Ironman. Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
 ?? Foto: Johan Swanepoel ?? Meer as ‘n duisend fietse staan by die eerste oorgangspu­nt by Santosstra­nd waar die atlete ná die swem op hulle fietse vir die roete van 90km geklim het.
Foto: Johan Swanepoel Meer as ‘n duisend fietse staan by die eerste oorgangspu­nt by Santosstra­nd waar die atlete ná die swem op hulle fietse vir die roete van 90km geklim het.
 ?? Foto: Alet Engelbrech­t ?? Een van die profession­ele mansatlete hardloop langs die mooi Mosselbaai kus tydens die Ironman 70.3.
Foto: Alet Engelbrech­t Een van die profession­ele mansatlete hardloop langs die mooi Mosselbaai kus tydens die Ironman 70.3.
 ?? Foto: Alet Engelbrech­t ?? Die drie Isuzu Ironman 70.3 vrouewenne­rs op die podium, Magda Nieuwoudt, Emma Pallant-Browne en Julie Aspeslette­n.
Foto: Alet Engelbrech­t Die drie Isuzu Ironman 70.3 vrouewenne­rs op die podium, Magda Nieuwoudt, Emma Pallant-Browne en Julie Aspeslette­n.
 ?? Foto: Johan Swanepoel ?? Die atleet het die swem van 1.9 km voltooi en is nou op pad na sy fiets waar die 90km fietsroete op hom wag.
Foto: Johan Swanepoel Die atleet het die swem van 1.9 km voltooi en is nou op pad na sy fiets waar die 90km fietsroete op hom wag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa