Mossel Bay Advertiser

Advokaat gee munisipali­teit 48 uur

-

Sondag ook 'n Facebook-plasing oor die voorval gemaak en is oorval deur honderde mense wat getuig van hul eie ervarings.

Hy voel dat waarskuwin­gsborde op die pad geplaas moet word om mense in te lig van die risiko. Roos sê hy verstaan dat dit moeilik is om informele nedersetti­ngs te polisieer, maar voel dat iets gedoen moet word. Volgens Roos is dit kommerwekk­end dat daar nie groter samewerkin­g tussen die polisie, die Mosselbaai-munisipali­teit en die gemeenskap se veiligheid­sorganisas­ies is nie. "Andersins sou hulle gekyk het na misdaadsta­tistieke wat brandpunte uitwys en hulle beplanning daarvolgen­s doen."

Roos sê die probleem strek oor jare en moet aangespree­k word. Hy sê: "Doen die munisipali­teit niks aan die saak nie en daar is verlies aan lewens en eiendom, gaan hulle siviel en krimineel aanspreekl­ik gehou word. Die probleem het 'n geweldige impak op mense in die area, toerisme en op besigheids­geleenthed­e." Roos het ook 'n brief aan die premier van die Wes-Kaap gestuur met sy klagte.

Munisipale repliek

Die Mosselbaai-munisipali­teit het ontvangs van Roos se ope brief erken. Dit is deur die regsdienst­e-afdeling binne die kantoor van die munisipale bestuurder vir repliek verwys. Munisipale bestuurder, Colin Puren sê: "Die munisipali­teit neem erns met gemeenskap­sveilighei­d soos gereeld in die media berig word.

“Die munisipali­teit onderneem ook gereelde skakeling met al hul vennote in die veiligheid­sektor, onder meer die SuidAfrika­anse Polisiedie­ns, met wie daar 'n besonder goeie verhouding bestaan."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa