Mossel Bay Advertiser

Hond waarsku inwoner oor inbrekers

- Louise Karsten

Die inwoner van Mosselbaai wat op Maandag, 13 Februarie in die vroeë oggendure 'n vermeende inbreker by sy woning doodgeskie­t het, se

10 maande oue hond het hom gewaarsku dat daar aktiwiteit by sy huis was.

Polisiewoo­rdvoerder, ao

Kappie Kapp sê die voorval het om ongeveer 03:00 in Koningklip­straat gebeur. Die huiseienaa­r het aangedui dat hy nie aan die Mossel Bay Advertiser oor die voorval wil kommentaar lewer nie.

‘n Familielid van die huiseienaa­r met wie die koerant gepraat het, het egter gesê die voorval was baie traumaties en moeilik vir die huiseienaa­r om te verwerk. “As familie is ons baie dankbaar dat sy hondjie, wat hy sowat ‘n maand gelede gekry het, hom wakker gemaak het. Dit kon soveel anders uitgedraai het.

“Hoeveel keer hoor ‘n mens nie van huisbrake waar inwoners in hul huise aangeval word met noodlottig­e gevolge vir die onskuldige eienaars nie.”

Parool

Die Advertiser het teen die ter perse gaan verneem dat die oorledene nog nie formeel deur enige familieled­e uitgeken is

nie en dat die polisie met die hulp van sy vingerafdr­ukke sy identiteit moet bepaal.

Die polisie het egter 'n sterk vermoede wie die oorledene is.

Hy was 35-jaar oud en was op parool ten tye van die voorval nadat hy vroeër op 'n aanklag van roof skuldig bevind is.

Verskeie inwoners het op die Advertiser se Facebook-blad kommentaar gelewer oor die feit dat daar 'n moorddossi­er na aanleiding van die voorval geopen is.

Kapp sê dit is standaard prosedure dat wanneer iemand aan onnatuurli­ke oorsake dood is, die polisie 'n moorddossi­er moet open. "Die saak word ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie."

 ?? ?? Storm is 10 weke oud en is ‘n kruising tussen ‘n Belgiese Malinois en ‘n Duitse herdershon­d.
Storm is 10 weke oud en is ‘n kruising tussen ‘n Belgiese Malinois en ‘n Duitse herdershon­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa