Mossel Bay Advertiser

Duitsers hoor noodkrete van St Blaize-slagoffer

- Alet Engelbrech­t

'n Man wat Sondag, 12 Februarie by die bekende St Blaize-staproete gegly en na benede gestort het, het waarskynli­k sy lewe te danke aan 'n Duitse egpaar wat hom hoor gil het. Gustav (71) en Mare (61) Nagel van Keulen (Cologne) in Duitsland, is op 'n tweeen-'n-half maande besoek aan Suid-Afrika en het vir drie dae in Mosselbaai gekuier toe die voorval gebeur het.

Hulle het verlede jaar die St Blaizestap­roete gestap en dit was só besonders dat hulle dit weer wou doen. Hulle het om ongeveer 16:30 'n man se noodkrete gehoor. Gustav vertel dat die persoon op 'n ander paadjie was, maar dat dit baie ruig en te gevaarlik vir hom was om af te klim en die man te help. Hy het dadelik die noodnommer 112 gebel en is vol lof dat dié nommer, wat internasio­naal gebruik word ingeval van nood, dadelik beantwoord is.

Sy vrou, Mare voeg by dat hulle baie bly is dat hulle toevallig daar was toe die man geval het. Dit het geklink asof hy in erge pyn was. In sulke gevalle is elke minuut

van belang en ons kon aan die nooddienst­e uitwys waar die man gelê het.

Die egpaar wil graag hulle beste wense aan die man oordra en hoop dat hy vinnig sal herstel. Mosselbaai se nooddienst­e het saam met die NSRI twee spanne gevorm om na onder te klim om die man te bereik. Hy is op die terrein vir 'n gebreekte sleutelbee­n en enkelfrakt­uur behandel en in 'n harnasmand­jie na bo getrek waar hy gestabilis­eer is en toe na die Mosselbaai Hospitaal vervoer is. Hy is later oorgeplaas na die ortopedie-afdeling van die George Hospitaal waar hy behandelin­g ontvang. Volgens 'n woordvoerd­er van die hospitaal, is die man 35-jaar oud en gaan dit onder omstandigh­ede goed met hom.

Die area waar die man Sondagmidd­ag van die kranse afgeval het. Onder is die reddingspa­n by die beseerde man om hom te stabilisee­r.

 ?? ??
 ?? ?? Mare (61) and Gustav (71) Nagel van Keulen in Duitsland, op die St Blaize-staproete waar hulle die noodkrete van ‘n man gehoor het wat gegly en geval het en deur die Mosselbaai-nooddienst­e gered is.
Mare (61) and Gustav (71) Nagel van Keulen in Duitsland, op die St Blaize-staproete waar hulle die noodkrete van ‘n man gehoor het wat gegly en geval het en deur die Mosselbaai-nooddienst­e gered is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa