Mossel Bay Advertiser

Pa verdrink ‘n jaar na seun se ongeluk

- Alet Engelbrech­t

Die 50-jarige man wat Sondag, 12 Februarie, in die see by Sowesia tydens 'n gesinsuits­tappie verdrink het, was Philip Thiart van Heroldsbaa­i. Philip het in Heidelberg gewerk en naweke huis toe gekom.

Die familie is baie lief om in die see te swem en die gesin het Sondag hul seun Gerhard (18), se herstel gevier nadat hy op 12 Februarie verlede jaar by die skougronde in George, van sy motorfiets gery is en ernstige breinbeser­ings opgedoen het.

Sy vrou, Lazanne (46), vertel Philip wou graag die dag saam met sy seuns deurbring en dat hulle heerlik in die see geswem het, maar dat die strome baie sterk was. Sy en haar man het saam in die see ingegaan en hul seun Gerhard het by hulle verbygekom. Hulle het na 'n ruk gesien hy is in die moeilikhei­d en haar man het nader geswem om hom te help. Sy het gesien haar man kry self swaar en het vir hom die branderpla­nk gegee en dit aan sy arm vasgemaak.

Lazanne is toe agter Gerhard aan om hom te help, want sy kop het intussen onder die water verdwyn. Haar man het van die bord geval en toe sy terugswem na hom, het sy gesien sy oë is groot met 'n gelerige kleur. Hy het vir haar gesê om uit te gaan. Hengelaars wat daar naby was, het intussen nader gehardloop en gehelp om hulle uit die see te trek. Lazanne het die nooddienst­e ontbied maar ondanks kardiopulm­onêre resussitas­ie van meer as 'n uur, is Philip op die toneel dood verklaar. 'n Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Lazanne sê almal van hulle is erg geskok. "Ons moet nou leer om aan te gaan sonder hom." Philip laat sy vrou, Lazanne, sy dogter Tiani (22), en seuns Gerhard en Sion (9) agter. Hy word ook oorleef deur sy ma, Annie Thiart en sy broer Frederik Thiart. Die begrafnisd­iens word vandag, 17 Februarie om 15:00 vanuit die NG Kerk in Heidelberg (Wes-Kaap) gehou.

 ?? ?? Philip Thiart wat Sondag, 12 Februarie tydens ‘n gesinsuits­tappie verdrink het.
Philip Thiart wat Sondag, 12 Februarie tydens ‘n gesinsuits­tappie verdrink het.
 ?? ?? Philip met Sion voor hom, Tiani, Lazanne en Gerhard Thiart.
Philip met Sion voor hom, Tiani, Lazanne en Gerhard Thiart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa