Mossel Bay Advertiser

Ondersteun die dinamiese vroue

- Samewerkin­g

Dynamic Women for Children (DWFC) het op 29 Januarie vanaf Johannesbu­rg begin stap om fondse vir behoeftige kinders in te samel. Dié staptog eindig vandag, Vrydag 17 Februarie, by Hartenbos Seefront.

Die staptog is om die publiek bewus te maak van die behoeftes onder 'n groot aantal kinders in Suid-Afrika en dit is deel van DWFC se Cape2Care Projek.

Die onbaatsugt­ige passie en poging van DWFC is tot groot voordeel van talle kinders en dit dien ook as aansporing vir baie mense om self betrokke te raak in hulle gemeenskap­pe.

Erika Myburgh, eienaar van Meraki Project Management en Meraki Wellness, was saam met Marleen van der Walt van 2008 tot 2012 by hierdie NPO organisasi­e in Pretoria betrokke en was dan ook sodoende deel van die stigtingsp­roses en die eerste groeipyne.

Nadat Erika en haar gesin in 2012 na Mosselbaai verhuis het, het Marleen en haar dogter Michelle, die bestuur van DWFC in totaliteit oorgeneem.

Erika sê: "Ek ken vir Marleen al vir baie jare en die liefde en passie wat sy vir kinders het, is baie besonders. DWFC is nie net ‘n liefdadigh­eidsprojek of deeltydse aktiwiteit vir haar nie. Dit is haar lewe.

"Nadat ek uitgevind het hul staptoer eindig hierdie jaar by ons in Hartenbos, het dit vir my die idee gegee om hierdie geleenthei­d van DWFC te gebruik vir die plaaslike bewusmakin­g daarvan en om die gemeenkap se eie betrokkenh­eid by kinders met behoeftes te bevorder. Meraki Wellness beplan tans die Braveheart­s Fundraiser Walk, ten bate van kinders in ons eie gemeenskap vir volgende jaar en hierdie is ‘n gulde geleenthei­d om die suksesverh­aal van DWFC met ons gemeenskap te deel, ter voorbereid­ing van ons eie projek vir volgende jaar."

"Ons beplan om die projek tesame met plaaslike besighede, bestaande liefdadigh­eidsprojek­te en -organisasi­es en natuurlik gewillige stappers te doen en om daarmee soveel moontlik fondse in te samel vir verskeie organisasi­es ten bate van kinders met behoeftes in ons onmiddelli­ke gemeenskap. "Die projek is in samewerkin­g met Rauch Gertenbach Prokureurs gedoen en besighede en organisasi­es wat reeds 'n aanduiding gegee het van hul beplande betrokkenh­eid is Meraki Wellness, BL Constructi­ons, Wonderful SA Foundation en Hartenbos Seefront. Ons hoop om nog heelwat van ons besighede en organisasi­es by hierdie lysie te voeg."

Erika sê die ses vroue van DWFC kom vandag, 17 Februarie teen ongeveer 13:00 by Hartenbos Seefront aan. Meraki Wellness en Rauch Gertenbach Prokureurs het onderskeid­elik ‘n span stappers wat vanoggend saam met DWFC in George wegspring om die laaste deel van hul roete mee te maak, tot by Hartenbos Seefront.

"Ons nooi die publiek uit om deel te word van hierdie besondere geleenthei­d en die brawe poging van hierdie ses dinamiese vroue deur op die uitkyk te wees vir ons op die roete tussen George en Hartenbos tussen 08:00 en 13:00. Kom stap gerus saam met ons vir ‘n paar kilometers, kom spoor ons aan op die pad of wag ons in by Hartenbos Seefront," sê Erika

Enige verdere navrae kan aan Erika (081 457 0306 of meraki2020.office@gmail.com) gerig word.

Vordering van die Cape2Care projek is op Facebook geplaas en inligting is beskikbaar op www.dwfc.org.za/ en www.facebook.com/ Cape2Care/.

Kontakbeso­nderhede vir DWFC is Marleen (082 574 2693) of Michelle (072 564 7495).

Die staptog is om die publiek bewus te maak van die behoeftes onder ‘n groot aantal kinders.

 ?? ?? Die staproete.
Die staproete.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa