Mossel Bay Advertiser

Liefde beteken naastedien­s

- Alet Engelbrech­t

Dit is opmerklik dat die fokus van dié jaar se Valentynsv­ieringe nie gaan oor romantiese liefde nie maar eerder oor liefde vir mekaar, vir jou medemens en vir jou gemeenskap.

Soos die Good Things Guy in 'n Facebookpl­asing geskryf het, liefde is 'n daad. Die Groot-Brakrivier-polisiesta­sie het 14 Februarie gevier deur uit te reik na die gemeenskap. Die kinders van die Powerkids kleutersko­ol in Powertown het 'n voedsame bord kos gekry en 'n beertjie wat met baie liefde deur lede van die Groot Brakgemeen­skap vir hulle gemaak is.

Die woordvoerd­er van die GrootBrakr­ivier-polisiesta­sie, sers Lauriane Botha, Basil van Rooyen van die buurtwag en interne, Bydon Slinger het 'n tydjie afgeknyp om die kinders wat meestal in rooi T-hemde getooi was, te bederf. Volgens Botha, gaan liefde vir haar oor gee, soos in Korinthiër­s 13 geskryf staan en dat vandag se uitreik, deur die Here, op haar hart gelê is. "Dit is 'n voorreg om vir die kinders uit liefde kos te gee. Ons is een gemeenskap en almal staan saam."

Die hoof van die skool, Melissa Mei, sê hulle is afhanklik van die NG Kerk Reebok vir fondse en is baie dankbaar vir enige hulp.

Hulle het twee jaar gelede na die lokaal in Klein Brak geskuif vanaf die lokaal in Powertown wat onveilig was omdat dit onder die vloedlyn geleë was.

"Ons voel hier bietjie afgesonder­d van die res van die gemeenskap. Ons is besig om as NPO te registreer en kry dus nog nie hulp van die staat nie." Sy sal graag nog opgeleide personeel wil hê om haar te help om vir die 28 kleuters 'n gesonde, basiese opvoeding te gee. Vir enige bydraes aan die kleutersko­ol, kan sers Botha gekontak word op 073 551 7358.

 ?? ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die Groot Brak-polisieled­e was op Dinsdag, 14 Februarie in rooi getooi om hul boodskap van liefde vir die gemeenskap wat hul dien en vir hul medemens te wys.
Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Die Groot Brak-polisieled­e was op Dinsdag, 14 Februarie in rooi getooi om hul boodskap van liefde vir die gemeenskap wat hul dien en vir hul medemens te wys.
 ?? ?? Bydon Slinger, interne by die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie help om die kos vir die kleuters aan te dra en voor te sit.
Bydon Slinger, interne by die Groot-Brakrivier­polisiesta­sie help om die kos vir die kleuters aan te dra en voor te sit.
 ?? ?? Die kinders van Powerkids met die beertjies wat hul by die Groot-Brakrivier-polisieled­e gekry het.
Die kinders van Powerkids met die beertjies wat hul by die Groot-Brakrivier-polisieled­e gekry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa