Mossel Bay Advertiser

Skulpe inspireer kunswerke

- Louise Karsten Foto's: Louise Karsten

'n Inwoner van Danabaai, Albri Woodward was eens 'n beroepsvro­u wat die meeste van haar tyd aan haar werk spandeer het. Haar seun, Werner het gereeld vir haar gevra of sy saam met hom op die strand wou stap en skulpe optel, maar Albri was gewoonlik te besig om te werk. Werner het dan van sy strandstap­pies in Danabaai teruggekee­r met skulpe wat hy opgetel het en dit vir haar gegee. Jare later het Albri met 'n klomp skulpe gesit. "Ek het besef hoeveel geleenthed­e ek saam met my kind verloor het en het besluit om iets met die skulpe te doen. Dit is waar Albri se kunswerke wat sy meestal uit skulpe en dryfhout maak, ontstaan het. Sy is veral lief daarvoor om visse te maak en elke vis kry 'n naam. "Ek verkies om inheemse visse te maak wat eie aan Suid-Afrika is."

Albri het onlangs ook 'n seekat en meerminne gemaak en selfs 'n seeperdjie. Sy en haar man, Norman, geniet dit om tyd op die strand te spandeer en tel dan skulpe en dryfhout op. Daarna spandeer sy graag tyd in haar studio wat in die egpaar se motorhuis in Danabaai is. "Wanneer ek in my studio is, word ek een met die dryfhout en die skulpe. Dan dink ek aan niks anders as aan die kunswerk waarmee ek besig is nie."

Gunsteling strande

Albri sê sy sou nooit kon dink dat die skulpe wat haar seun vir haar gebring het, haar op die pad van kuns en skepping sou neem nie. Sy het geen formele kunsopleid­ing nie. Albri beskryf die proses as terapeutie­s. "Dis is onmoontlik om skeppend te wees, en bekommerd op dieselfde tyd."

Werner hou baie van haar werk en sy gunsteling is 'n meermin wat sy gemaak het.

"Hy het gesê ek mag dit nooit verkoop nie."

Albri se oudste seun, Dawid het haar gehelp om haar kunswerke af te neem en dit op haar webwerf te plaas. "Dawid is mal oor my visse."

Haar gunsteling­strand om na dryfhout te soek, is by Kanon. Sy sê Danabaai se strand is ook 'n gunsteling. Naas die kreatiwite­it wat uit haar stroom, sê Albri sy is soms verbaas oor die hoeveelhei­d spiere wat sy in haar liggaam tydens die maak van haar kunswerke gebruik. "Ek gebruik spiere wat ek nooit geweet het ek het nie." Sy gebruik eenvoudige toerusting en daar is altyd musiek wat in die agtergrond van haar studio speel. Wanneer sy visse maak, begin sy altyd eerste met die vis se mond. "Dit dui vinnig vir my aan of die vis 'n houding het."

Daarna sit sy die vis se oë by en dit dui

dadelik vir haar aan of die vis 'n mannetjie of wyfie is. "My boodskap aan inwoners van Mosselbaai is dat indien jy iets uit die oseaan wil skep, dit jou net tyd sal kos. Daar is geen reg of verkeerd wanneer dit by kreatiwite­it kom nie. Begin sommer nou, jy sal nooit spyt wees nie."

 ?? ?? Albri Woodward by een van haar meerminne wat sy in haar studio gemaak het.
Albri begin haar vis-kunswerke gewoonlik by die mond. Hier is een van haar skeppings in haar huis.
Albri Woodward by een van haar meerminne wat sy in haar studio gemaak het. Albri begin haar vis-kunswerke gewoonlik by die mond. Hier is een van haar skeppings in haar huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa