Mossel Bay Advertiser

Suid-Kaap Jagters gee om vir natuur en bewaring

-

Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB) het die afgelope naweek, Saterdag 11 Februarie, ‘n bosbokkas aan CapeNature oorhandig as ‘n blyk van waardering vir die goeie samewerkin­g wat daar tussen die twee organisasi­es bestaan.

Carlo van Tonder (CapeNature) het in

2022 vir Len Nel (rekreasieb­estuurder van SJB) genader om te hoor of SJB nie ‘n kas wil skenk waarin probleem-bosbokke vervoer kan word nie.

Die versoek is tydens ‘n bestuursve­rgadering goedgekeur en Nel het die groenlig gekry om voort te gaan met die bou van die kas.

Aangesien dorpe se grense gedurig verskuif as gevolg van nuwe uitbreidin­gs, meng dit in met die natuurlike habitat van wildediere en daarom ontvang CapeNature gereeld versoeke om bosbokke te verwyder wat in een of ander woongebied voorkom.

Bosbokke het sterk nekke en kan daarom nie in enige kas verwyder word nie aangesien hulle met hul nekke en skerp horings die kas uitmekaar breek.

CapeNature het die spesifikas­ies vir die

bou van die kas gegee en die kas is toe daarvolgen­s gebou.

In die verlede het SJB ook nou saamgewerk met natuurbewa­ring, wat intussen ‘n naamsveran­dering ondergaan het en wat nou bekend staan as CapeNature. Verskeie projekte is in die verlede aangepak om die natuur vir ons nageslagte te bewaar.

So is daar byvoorbeel­d kameras aan natuurbewa­ring geskenk om luiperds in die Anysberg-natuurrese­rvaat te monitor.

Daar is ook vele ander projekte tot voordeel van die natuur aangepak. "Dit is weer eens ‘n bewys dat jagters omgee vir die natuur en bereid is om ‘n bydrae te maak om die natuur wat aan ons geleen is deur ons Skepper op te pas en te bewaar vir nog baie geslagte ná ons," sê Wynand Fourie, voorsitter van SJB.

 ?? ?? Petru Terblanche (een van die stigtersle­de van SJB) en Carlo van Tonder van Cape Nature by die bosbokkas. Agter is Len Nel (rekreasie bestuurder van SJB) en Wynand Fourie (voorsitter van SJB).
Petru Terblanche (een van die stigtersle­de van SJB) en Carlo van Tonder van Cape Nature by die bosbokkas. Agter is Len Nel (rekreasie bestuurder van SJB) en Wynand Fourie (voorsitter van SJB).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa