Mossel Bay Advertiser

Danie en Francois nie van stryk af

- Gholfer

Met die setperke van Mosselbaai­gholfklub wat vinnig besig is om te herstel nadat die hollowtine-proses deurloop is, kan lede en besoekers uitsien na pragtige setperke wat hulle binnekort gaan begroet.

Verlede Woensdag, 8 Februarie het min lede en besoekers hulle laat afskrik deur die toestand van die setperke en 188 spelers het hulle opwagting gemaak om aan die beterbal houespelko­mpetisie deel te neem. Danie van Langelaar en Francois Swanepoel teken ‘n skitterend­e 63 houe aan wat hulle die oorwinnaar­s van die dag gemaak het. Dawid Gerber en Gert Pieterse het hulle ook nie van stryk laat bring nie. Met net een hou agter die wenners palm hulle die tweede prys in met ‘n ewe briljante 64 houe.

Die stryd om die derde plek was fel en die uittel-proses het bepaal dat Arno von Mansberg en Jonathon Shelver die gedugte man-en-vrou kombinasie van Gerhard en Susan Combrink op 65 houe kon troef. Elmar Noppe en Erick Barkhuizen se 66 houe het hulle ook breed laat glimlag, want die vyfde plek het aan hulle ‘n lekker braaipak besorg.

Saterdag

Saterdagog­gend, 11 Februarie het lede plek gemaak vir spelers van dwarsoor die Suid-Kaap wat aan die Senior Mosselbaai Ope deelgeneem het. Na die seniors het 120 van die lede en besoekers egter nog kans gekry om aan ‘n beterbal stableford­kompetisie deel te neem. Hilton Duminy en Gert Pieterse se 46 punte was genoeg om hulle te laat koning kraai.

Puik gholf is deur twee jongmanne, Ian Pautz (voorgee +3) en Ulrich Steinhobel (0 voorgee) gelewer en op 45 punte was hulle die naaswenner­s.

Die oorblywend­e plekke op 43 punte is deur die uittel-proses bepaal. Michal Groenewald en Ricus Serfontein is derde geplaas met die entoesiast­iese Oosie Oosthuizen en die gewaardeer­de en lojale lid van die klub, Anton Steenkamp in die vierde plek. Chris van den Berg en André Zeelie het die vyfde plek ingeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa