Mossel Bay Advertiser

Arende kyk vorentoe na nederlaag

- Eugene Gunning

Teleurgest­eld, maar beslis nie die einde van die wêreld nie. Dit was Maandag, 13 Februarie die boodskap van Anton Moolman, hoofafrigt­er van die SWD Arende, na sy span se nederlaag van 20 - 10 teen die OP Olifante verlede naweek. Die span het Saterdag, 11 Februarie in sy eerste amptelike wedstryd teen die Olifante in Gqeberha uitgedraf.

Rustyd was die Arende 10 - 0 agter. In die tweede helfte het dit beter gegaan en het hulle twee keer agter die doellyn gaan kuier.

Maandag, minder as 48 uur na die nederlaag, het die fokus reeds verskuif na Saterdag, 18 Februarie se wedstryd teen Boland Kavaliers wat in Bridgton, Oudtshoorn plaasvind. Die Arende het Maandag by Outeniquap­ark bymekaarge­kom waar hul nabetragti­ng gehou het en gekyk het hoe hulle kan verbeter.

Moolman het gesê die span het in die eerste helfte ’n bietjie in die vaste fasette gesukkel. Dit was voorlangs 'n harde wedstryd. Dit het ook gelyk of enkele van die spelers bietjie senuweeagt­ig was. In die tweede helfte het dit beter gegaan en die spelers het hul voete gevind.

As die span kan voortbou op sy prestasie in die tweede helfte kan dit net beter gaan in die toekoms. Daar is ook gesien hoe spelers kan aanpas by omstandigh­ede. Die span het

Saterdag gewys hulle kán drieë druk.

Moolman het benadruk hulle soek geen verskoning­s nie. Dis wel so dat die Olifante se voorspeler­s nie veel verander het sedert verlede seisoen nie.

Die Arende is reg vir Saterdag se wedstryd. Die hitte gaan 'n uitdaging vir beide spanne wees. Al is dit vir die Arende 'n "tuiswedstr­yd" is die klimaat in Oudtshoorn anders as in George waar hulle gewoonlik hul tuiswedstr­yde speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa