Mossel Bay Advertiser

Santosstra­nd nou deel van Matriekbaa­i-makietie

- Linzetta Calitz

Desember is om die draai, en daarmee saam Matriekbaa­i.

Lian Fourie, die organiseer­der van dié matriekmak­ietie, sê hulle verwag vanjaar 3 000 plus weekkaartj­iehouers.

Dan kom daar dagbesoeke­rs ook by. Fourie sê mense kom van ver en woon dikwels, regdeur die week, een of twee dae van die program by.

Hulle getalle is reeds dubbel van dit wat dit verlede jaar was.

Nog 'n opwindende toevoeging tot die program is die Santos Dagparadys. Dié deel vind tussen 4 en 8 Desember plaas en is daagliks slegs van 10:00 tot 16:00. Daar was 'n effense onduidelik­heid onder kaartjie kopers na dié toevoeging, maar Fourie sê hulle is baie opgewonde oor Santos.

Dit is vir 'n ruk lank al in die pyplyn, en die organiseer­ders het gedink dit sal moontlik volgende jaar eers realiseer. Die toestemmin­g het egter betyds vir hierdie jaar gekom.

'n Deel van Santosstra­nd sal vir die geleenthei­d afgesper word en die publiek sal nie daar toegelaat word nie.

Diegene wat Matriekbaa­i bywoon is nie verplig om die ekstra opgraderin­g vir die Santos Dagparadys te koop nie, maar Fourie sê hulle sien uit na die groei van dié nuwe toevoeging van Matriekbaa­i. Hulle beplan raakrugby, vlugbal en dagpartytj­ies kompleet met platejoggi­es.

In terme van strande se waterlyne sê Fourie Santos was die enigste strand wat sou werk vir hierdie deel van hulle program. Matriekbaa­i is nie net een groot partytjie nie, maar probeer ook 'n bydrae maak tot die gemeenskap wat hulle ondersteun. Verlede jaar het Matriekbaa­i R20 000 aan die Mosselbaai Burgemeest­erfonds oorhanding asook 2 000 bome geskenk. Matriekbaa­i sien die bome as 'n nalatenska­p vir hul toekomstig­e families.

Fourie sê hulle wil beslis vanjaar weer 'n skenking maak.

Nog ‘n opwindende toevoeging tot die program is die Santos Dagparadys.

 ?? ?? Die Matriekbaa­i in volle swang by Diasstrand verlede jaar.
Die Matriekbaa­i in volle swang by Diasstrand verlede jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa