Mossel Bay Advertiser

‘n Visserman se droom

- Jannie du Plessis

'n Visserman en sy vrou se droom is Dindag, 3 Oktober, bewaarheid toe dié gesin se vissersboo­t, die C-Queen, by Kaai 4 in die hawe van Mosselbaai te water gelaat is.

Cobus en Dina van der Bank het die afgelope vier jaar die C-Queen opgebou nadat hulle die boot in 2019 bekom het. "Sy was vrot en ons moes die hele boot afbreek tot by die romp," het Cobus in Januarie aan die Mossel Bay Advertiser gesê.

Cobus se droom was om die 9.96m-lange boot, met 12-ton aan haar lyf, weer seewaardig te maak en met beperkte fondse het die gesin die afgelope vier jaar die C-Queen stukkie vir stukkie weer tot haar vorige waardighei­d herstel. Dié vissersboo­t het lank op 'n perseel in Voorbaai gestaan en is Dinsdag, 31 Januarie, na die Mosselbaai Waterfront geneem waar die C-Queen die afgelope tyd gestaan het terwyl hulle al die finale werk aan die boot voltooi het. "Alles was oorgedoen, van onder tot bo," sê Cobus

Met net die bo-dek sertifikaa­t wat op die water gedoen gaan word binne die volgende paar weke, sal die C-Queen weer doen wat sy die beste kan doen, en dit is visvang.

Die oorsprong van die boot is egter onbekend. Volgens Cobus is dit maar 'n dekskuit en dié spesifieke een is vroeër jare gebruik as 'n posboot maar dié soort word ook algemeen gebruik vir visvang.

Dinsdag on 11:45 was die tog aangedurf vanaf die Waterfront tot by Kaai 4 in die hawe. Dit was 'n hele operasie om haar eers met 'n hyskraan op 'n sleepwa te laai, dan met die trekker en sleepwa na Kaai 4 te vervoer. Daar gekom, is die hyskraan

weer ingespan tot haar pensie stewig in die water gaan lê het met 'n groot gejuig. 'n Baie tevrede skipper, Cobus, het alles getoets. Dina het ook gestraal van vreugde na vier jaar se harde werk. Teen 14:45 is die enjin aangeskake­l en het hulle saam met hul twee kinders, Carlien en Jacobus, wat altyd hand bygesit het met die C-Queen en nog 'n paar familieled­e, uit die hawe gevaar op die C-Queen se nuwe sending.

Diepsee toe!

 ?? C-Queen C-Queen
Foto’s: Jannie du Plessis ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Dina en Cobus van der Bank staan eindelik na vier jaar op die boeg van die wat Dinsdag, 3 Oktober, by Kaai 4 in die hawe te water gelaat is. Die waar sy die afgelope tyd by die Mosselbaai Waterfront gestaan het vir haar finale herstelwer­k.
C-Queen C-Queen Foto’s: Jannie du Plessis Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Dina en Cobus van der Bank staan eindelik na vier jaar op die boeg van die wat Dinsdag, 3 Oktober, by Kaai 4 in die hawe te water gelaat is. Die waar sy die afgelope tyd by die Mosselbaai Waterfront gestaan het vir haar finale herstelwer­k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa