Mossel Bay Advertiser

Groot opskop word beplan met kerk se halfeeu fees

- Linzetta Calitz

Die gemeente van Verenigend­e Gereformee­rde Kerk (VGK) Mosselbaai beplan binnekort 'n groot opskop vir dié kerk se 50ste bestaansja­ar.

Die gemeente het op 6 Oktober 1973 van die destydse NG Sendingker­k Friemershe­im afgestig omdat dié gemeente te groot geword het.

Die NG Sendingker­k en die NG Kerk in Afrika het in 1995 saamgesmel­t om die Verenigend­e Gereformee­rde Kerk te vorm vandaar die VGK Mosselbaai se ontstaan. Lede het destyds eers aan huis van Broer Johannes Roelfse byeen gekom. Later het hulle 'n klaskamer gekry by Sao Bras Sekondêre Skool omdat die gemeente begin groei het. Ds Jacques Coetzee het die wyk pastoraal bedien.

Ná die afstigting van Friemershe­im sou ds GJA van Zyl die konsultant van die gemeente wees. Tydens 'n kerkraadsv­ergadering op 18 November 1974 is ds Nic Apollis beroep tot die eerste leraar van die gemeente.

Op 25 Januarie 1975 is die kerksaal ingewy en die gemeente se eredienste het daarheen geskuif. Die jaar daarna is die pastorie ook opgerig.

Saam met Mosselbaai se uitbreidin­g het die gemeente natuurlik ook gegroei.

In 1992 begin hulle toe hul kerk in Uitbreidin­g 13 bou ná 'n erf in die area bekom is.

Kosie Hansen, een van die lidmate, het die steenwerk tot op dakhoogte gebou. Gemeentele­de wat kon, het Saterdae ywerig

gewerk om die kerkgebou te voltooi. Maans Jordaan was op die rype ouderdom van 80 een van dié flukse helpers. Die vroue van die gemeente was ook ware steunpilar­e in hul voorsienin­g van kos. Die inwyding van dié gebou was beslis een van die hootepunte van die afgelope 50 jaar.

“Die gemeente bring hulde aan al die predikante wat in hierdie kerk die Here gedien het. Elkeen van hulle het hulle besondere gawes na die gemeente gebring tot eer van God,” sê Emile Wesso van die kerk.

"One ewige dank aan ds Appolis, Phillips en Van der Ross wat die gemeente bedien het. Ook ons huidige leraar, ds Charlton Crowley, wat nou al nege jaar lank deel is van ons gemeente."

Volgens Wesso verloop die beplanning vir die feesvierin­ge goed.

’n Hele week se verrigting­e word beplan om die mylpaal in die kerk se bestaan te vier en alle belangstel­lendes word uitgenooi om dit by te woon.

"Die eintlike feesvierin­ge vind op 6 Oktober om 17:00 by die kerk plaas, waar ons 'n feespredik­er het met gelukwensi­ngs van

ander gemeentes."

Op 7 Oktober is dit die feesbasaar by die kerkgebou in Uitbreidin­g 13, en op die Sondag, 8 Oktober, is daar 'n feesdiens asook Nagmaal met ds Gerrie van Deventer van die NG Moedergeme­ente in Mosselbaai.

“Op die manier dien die hele gemeente saam die Here. Ons wil Hom ook loof en eer vir die afgelope 50 jaar en lê die toekoms van hierdie gemeente in sy hande,” sê Wesso.

 ?? ?? Die Verenigde Gereformee­rde Kerk Mosselbaai se kerkgebou.
Die Verenigde Gereformee­rde Kerk Mosselbaai se kerkgebou.
 ?? ?? Die Verenigde Gereformee­rde Kerk Mosselbaai se kerksaal.
Die Verenigde Gereformee­rde Kerk Mosselbaai se kerksaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa