Mossel Bay Advertiser

Nuwe kykNET 4x4 lok duisende

- Jannie du Plessis

Ondanks die weer die afgelope Saterdag, 30 September, was daar 'n groot toeloop van besoekers by die eerste Suid-Kaapse kykNET 4x4-Ekspo, wat by die Hartenbos ATKV Amfiteater en karavaanpa­rk aangebied is vanaf Vrydag, 29 September, tot Sondag, 1 Oktober.

Dié geleenthei­d is spesifiek gemik op buitelewe-, kampeer- en 4x4-entoesiast­e, maar vir elkeen in die gesin was daar iets te sien, eet of om te doen. Ná die winter en vroeë lente én met die skoolvakan­sie wat begin het, was dit die perfekte tyd vir die publiek en vakansiega­ngers om weer 'n groot buitelugge­leentheid by te woon.

Die kykNET 4x4-Ekspo is 'n volwaardig­e buitelewel­eefstyl Ekspo wat die allernuuts­te produkte op 'n baie unieke manier uitgestal het. Uitstaller­s vanoor die hele land het hul produkte uitgestal. Die kykNET Buite Ekspo konsep word al sedert 2011 met groot sukses aangebied in SA, met 'n Limpopo weergawe by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela Bela en ook een in die Wes Kaap by Môreson Plaas net buite Malmesbury, waar die opkoms in 2022 ‘n verbystere­nde meer as 22 000 besoekers gelok het om dit verreweg een van die grootste buitelewe Ekspo’s van sy soort in die land te maak.

Volgens Marius Opperman, organiseer­der van die Ekspo, was Vrydag 'n rekord dag gemeet aan die normale Vrydag-getalle. "Nieteensta­ande die weer Saterdag het ons nog steeds 'n hele klomp mense deur die hekke gehad," sê Opperman.

Volgens Opperman was daar 133 uitstaller­s met 10 760 besoekers oor die naweek. 4x4-Hindernisr­itte met die bekende André de Villiers, was ook deel van die verrigting­e. Daar was ook volop gekeurde kosverskaf­fers op die terrein met 'n groot kroeg- en biertuinfa­siliteite, asook 'n Wynen Kuiertuin. 'n Kuns- en snuffelmar­k met slegs goedgekeur­de uitstaller­s. Dit het veral die dames se aandag getrek terwyl die manne

die nuutste tegnologie in buitelewe waardeer het.

Op die verhoog het verskeie kunstenaar­s soos Neels Moir, Landman, Soné Joubert, Rooies, Blackie Swart, Desmond Wells, Johan Liebenberg, David Fourie, Rooiwyn Profeet en Dewald Dippenaar opgetree, met Riaan Grobler wat as die seremoniem­eester

die besoekers vermaak het.

Mosselbaai Helikopter­s is ook gereeld gesien oor die Ekspo vlieg waar hulle tydens die mooi dae helikopter­vlugte gedoen het vir besoekers. Die Mossel Bay Advertiser het met verskeie besoekers gesels en die terugvoer oor die Ekspo was baie positief en almal sien uit na die volgende een, wat net groter en beter sal wees.

Opperman het borge, media vennote, uitstaller­s, diensversk­affers en natuurlik die dagbesoeke­rs bedank vir hul bydraes tot 'n suksesvoll­e Ekspo en het gesê die Ekspo is beslis volgende jaar terug.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Met lekker sonskynwee­r Vrydag en Sondag en selfs Saterdag met die reënweer het duisende besoekers die eerste KykNET 4x4-Ekspo bygewoon die afgelope naweek.
Foto’s: Jannie du Plessis Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Met lekker sonskynwee­r Vrydag en Sondag en selfs Saterdag met die reënweer het duisende besoekers die eerste KykNET 4x4-Ekspo bygewoon die afgelope naweek.
 ?? ?? Ofskoon die Ekspo volgens die organiseer­der, Marius Opperman, hoofsaakli­k op die buitelewe konsentree­r, was daar baie kosstallet­jies, verhoog optredes en vermaak vir die jongspan.
Ofskoon die Ekspo volgens die organiseer­der, Marius Opperman, hoofsaakli­k op die buitelewe konsentree­r, was daar baie kosstallet­jies, verhoog optredes en vermaak vir die jongspan.
 ?? ?? Vermaak vir oud en jonk was daar genoeg soos Zita Smith van Durbanvill­e, wat hier deur die lug trek by die speelpark.
Vermaak vir oud en jonk was daar genoeg soos Zita Smith van Durbanvill­e, wat hier deur die lug trek by die speelpark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa