Mossel Bay Advertiser

VLV-lede hoor meer oor die wonderlike wêreld van olifante

- Lydie Terblanche

Hanro van Rooyen van Indalu Natuurrese­rvaat (30km van Mosselbaai op die Tuinroete), het met Klein-Brakrivier VLV-taklede oor die wonderlike wêreld van olifante gesels. Hanro se besoek op 27 September was tydens die landbou-geleenthei­d wat deur sameroeper, Cecilia Pieterse, georganise­er is.

Olifante spandeer die grootste deel van hul dae in die reservaat op soek na kos, water en modderbadd­ens. Olifante hou van modder en hoewel hulle dik velle het, is hulle steeds baie sensitief vir sonbrand en insekbyte. Swaar reën dien aanvanklik as 'n drinkgat vir baie diere en voëls, en later as 'n modder-paradys vir olifante, renosters en buffels. Olifante kan elke dag gemiddeld 200kg plantegroe­i verbruik. Dis emmer-vragte grasse, blare, boomwortel­s, bas en saadpeule.

Olifant-gedrag is ongeloofli­k belangrik vir die omgewing waarin hulle woon. Hulle is ekosisteem-ingenieurs van die fauna en flora rondom hulle, en kan die omgewing aansienlik beïnvloed. Terwyl die olifante deur die reservaat kronkel, help hulle om plant- en boomsade deur hul mis te versprei. Olifantmis is ryk aan voedingsto­wwe en vog en dien as kunsmis vir sade om te ontkiem en te floreer. Grasse, plante en boompies word in nuwe gebiede gevestig en verskaf nuwe kos vir ander herbivore soos wildsbokke, sebras, kameelperd­e asook voëls.

Terwyl die olifante bome platslaan en deur dik plantegroe­i stoot, skep hulle oop ruimtes vir ander herbivore om voer te vind. Hulle maak ook blaar-takke toeganklik vir kleiner en/of korter dierspesie­s en bied aan hulle skuiling en beskerming. Hul voedingsge­woontes slaan bos-indringing plat en bevorder 'n gesonder balans tussen grasse, bosse en bome. Die sade bevoordeel ook voëls. Soos nuwe plante groei, lok hulle insekte en ander ongewerwel­de diere waarop voëls kan voed. Daarbenewe­ns bied die takke van die nuwe bome nes-plekke en skuiling vir voëls. Al hierdie faktore help om algehele biodiversi­teit te verbeter.

Kyk gerus volgende keer met nuwe oë na dié bosreuse.

 ?? ?? Hanro van Rooyen van Indalu Natuurrese­rvaat en Cecilia Pieterse, Klein-Brakrivier VLV se sameroeper van landbou.
Hanro van Rooyen van Indalu Natuurrese­rvaat en Cecilia Pieterse, Klein-Brakrivier VLV se sameroeper van landbou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa