Mossel Bay Advertiser

Dié langbeen leer jongspan van besoedelin­g op eie bodem

- Linzetta Calitz

Die bewaring van en kennis oor die natuur - dit is wat Jurina Aucamp deur haar kinderboek­e probeer bevorder. Dít, en natuurlik ‘n liefde vir lees.

Haar eerste karakter was Ronnie die renoster, en na hom was daar ‘n reeks ander, waaronder Truida die volstruis, Skillie skilpad, en meer. Die nuutste dierekarak­ter uit Aucamp se pen is Lara die flamink, en sy leer die jonges van besoedelin­g op eie bodem.

Sy skryf nie sommer net oor enige diere nie; hulle moet êrens ‘n verbinteni­s met haar hê. Truida is byvoorbeel­d vir haar sinoniem met haar grootwordj­are op Oudtshoorn toe sy as langbeen dogter haar pa volstruisk­uikens help grootmaak het. Aucamp het Woensdag, 4 Oktober, by die Hartenbos Biblioteek meer oor Lara se avonture aan Hartenbos se riviermond vertel. Die boekie gaan oor die riviermond, die besoedelin­g, maar ook oor die plan wat die seevoëls gemaak het om die rommel op te tel. Aucamp het self rommel daar gaan optel wat sy by die bekendstel­ling gewys het.

Haar boekies is vir kinders tussen 5-10, maar sy het onlangs ‘n foto ontvang van ‘n pappa wat sy babatjie in sy arms vashou en vir hom die boekie voorlees. Sy sê ook dat wanneer ouers die boekies vir hul kinders lees, hulle nie álles hoef te lees nie. Kyk na die prentjies en verduideli­k vir hulle op hulle vlak.

Haar eie kleinkinde­rs is haar proefkonyn­e - as hulle van haar boekies hou, sien sy dit as ‘n groen lig.

Sy het al ‘n paar keer ná ‘n boekie gesê dit is nou die laaste, maar dan kry sy ‘n bemoedigen­de boodskappi­e van êrens en besluit om tog maar nog een te skryf.

Onlangs het sy ‘n stemboodsk­ap, gevul met bewonderin­g, uit die Noord-Kaap ontvang:

“Tannie, Lara is só mooi!” Iets so eenvoudig laat haar voel dis die moeite werd.

Aucamp het in 2020 afgetree na jare as ‘n gr 3-onderwyser­es. Nou is sy ouma en skrywer, selfs al dink sy nie rêrig aan haarself as ‘n skrywer nie.

Haar grootste wens vir haar boekies is om hulle in die wildtuin te kan verkoop.

Vir meer inligting oor die boekies, bestelling­s of boekbekend­stellings, besoek die Facebook-blad Dieremater­s of kontak Aucamp op 082 413 3578.

 ?? Foto: Linzetta Calitz ?? Jurina Aucamp met ‘n paar van haar storieboek­karakters.
Foto: Linzetta Calitz Jurina Aucamp met ‘n paar van haar storieboek­karakters.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa