Mossel Bay Advertiser

Gemeenskap­suitreik trek talle

-

Ten spyte daarvan dat die kantoor vir landelike ontwikkeli­ng se gemeenskap­sprogram twee keer deur die weer in die wiele gery is, spog dié span daarmee dat hulle by een van die geleenthed­e minstens 350 mense as gehoor gehad het. Die tema van die uitreik is “My gemeenskap, my trots” (My community, my pride) en is aangebied in samewerkin­g met die SuidAfrika­anse Polisiedie­ns (SAPD), SANCA, en All Nations Helping Hands.

Laasgenoem­de is ‘n nie-regeringso­rganisasie en het die belangrike boodskappe wat onder die gemeenskap se aandag gebring moes word, suskesvol deur rymklets, dramaopvoe­rings en sang oorgedra.

Die program is van 25 tot 30 September gehou.

Aangesien die program in die buitelug aangebied word, moes twee van die sessies, een in Tarka en die ander in Sonskynval­lei weens slegte weer afgestel word. Die program is egter suksesvol aangebied in Powertown, Uitbreidin­g 13, Highway Park, asook by Laerskool Groot-Brakrivier, Diaz Primêre Skool en The Havennagsk­uiling.

Die temas en kwessies wat bespreek is sluit in geslags-gebaseerde geweld, familiekon­flik, asook middelafha­nklikheid.

Die span berig dat die program groot byval gevind het en dat die inhoud oorgedra deur middel van die uitvoerend­e kunste, beslis ‘n impak gehad het. In Mountain View, die behuisings­kompleks langs Louis Fourieweg, het ongeveer 350 mense nadergesta­an vir die program, terwyl ander dit vanuit hulle woonstelle geniet het. Die landelike ontwikkeli­ngspan het innoverend opgetree deur hulle program in die buitelug aan te bied.

Die program het ook gedien om, terwyl dit skoolvakan­sie is, die jongspan konstrukti­ef besig te hou.

Een van die Mosselbaai-munisipali­teit se fokuspunte binne die GROEI-strategie, is om maatskapli­ke herlewing deur hierdie tipe programme in die hand te werk.

 ?? ?? Die leerders by Diaz Primêre Skool het die program baie geniet.
Die leerders by Diaz Primêre Skool het die program baie geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa