Mossel Bay Advertiser

Corrie en Danie ryg plekke in

-

Mosselbaai­se duiwe wat verlede week aan die Vryburg-wedvlug deelgeneem het, moes ‘n afstand van ongeveer 840km aflê om hul hokke te bereik. Weens die slegte weervoorsp­elling vir die afgelope naweek is die duiwe Donderdag, 28 September, om 06:25 in mooi weer op Vryburg losgelaat.

Corrie Naude (ope 1) en Danie Barnard (ope 2) was die eerste duiweboere van die Mosselbaai duiweklub om elk ‘n duif te kry. Beide se duifies arriveer om 16:17 - net minder as 10 ure nadat hulle die oggend op Vrydburg losgelaat is. Dié twee duiweboere se dufies het bewys dat hulle top-fiks is, want Corrie klok ses duiwe onder die top-30 in elk van die wedvlugte met Danie wat nege in die ope 1 en agt in ope 2 klok. Dit wil beslis gedoen wees.

In die juniors se afdeling is dit Carel Grové wat beide wedvlugte wen.

Fanie Mollentze en weer eens Danie Barnard maak behoorlik amok in die sprint wedvlug vanaf Victoria-Wes. Fanie klok die wenduif met ‘n verdere ses plekke onder die top-20 en Danie ses plekke.

Uitslae

Ope 1: Corrie Naude (1, 2, 4, 5, 14, 22) Barnard Lofts (3, 7, 8, 11, 15, 17, 20, 24, 28); Mollentze Hokke (6, 12, 23); Gillroy (9, 21, 29); Boshoff RPL (10, 23); Hartman Hokke (18); Le Grange Hokke (19); Van Eeden Lofts (25); Hekka Fourie (26); 4 J Lofts (27); Boemerang (30).

Ope 2: Barnard Lofts (1, 2, 9, 14, 16, 23, 28, 29); Corrie Naude (3, 11, 18, 19, 24, 26); Mollentze Hokke (4, 8, 15); Gillroy (5, 6, 17); Boemerang (7); Chapmar (13, 20, 25); Boshoff RPL (21); Le Grange Hokke (22); Hekka Fourie (27); Capes Lofts (30).

Sprint: Mollentze Hokke (1, 2, 3, 8, 14, 15, 19); Gillroy (4, 5, 6); Barnard Lofts (7, 9, 10, 11, 12, 13); Jerry van der Mescht (16, 17); Capes Lofts (18, 20).

Junior ope 1: Carel Grové (1, 8); Tashinga kadye (2, 4, 5, 7); Zante Strydom (3, 6).

Junior ope 2: Carel Grové (1, 4); Zante Strydom (2, 3, 7, 8, 9); Tashinga Kadye (5, 6).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa