Mossel Bay Advertiser

Dias-rob kom seun by

- Linzetta Calitz

Een byt onder die boud, twee op die kuit, een aan die arm en 'n paar skraapplek­ke is wat Steven Terblanche (16) oorhou ná sy onderonsie met 'n rob in die see by Dias Strand.

Nie dat dit hom sal keer om weer te swem nie - hy sal dalk net meer oplet wat rondom hom aangaan, sê Steven, 'n leerder aan die Hoërskool Punt.

Hy het omstreeks 11:00, Maandag, 8 Januarie, strand toe gegaan om te swem en tyd saam met sy vriend, Erik le Roux, wat 'n lewensredd­er is, te spandeer. Drie van hulle het besluit om te gaan swem. Hulle wou graag body surf, en het dus agter die breekwater probeer kom vir groter golwe.

"Ek was dieper as die ander twee. Toe ek omdraai, sien ek hoe my een vriend my roep. Ek swem toe terug en sien hoe hardloop die lewensredd­ers af en blaas hulle fluitjie baie hard en wys 'kom uit'."

Soos hy probeer terugswem, hoor hy "'n rob" en dink toe dadelik daar is miskien 'n haai in die water agter die rob aan.

"Ek swem en toe die water net onder die heup is, toe begin ek en my vriende hardloop. Een vriend was 'n entjie voor my en ek sien 'n rob uit die water spring, net agter sy rug verby, wat hom probeer byt en hy verdwyn toe onder die water.

"Ek staan toe stil en die lewensredd­er wys vir my 'gaan links' om. Ek hardloop toe links, en soos ek hardloop sien ek 'n swart figuur na my toe swem onder die water en ek voel toe 'n knyp onder my boud.

Wegstoot

"Met dié draai ek toe om en probeer die rob wegstoot. Met die wegstoot byt hy my aan die kuit en ek gryp toe sy nek en probeer hom weghou. Hy byt my toe weer aan die kant van my kuit. Toe lig ek hom op en soos ek hom oplig krap hy my linkerbeen se kuit en onder my knie. Ek hou hom toe bo die water om hom te probeer weggooi en terwyl ek hom optel probeer hy byt en met die kop wat rondswaai is ek toe

weer raakgebyt aan die arm. "Met díé het ek laat los en uitgehardl­oop."

Op die strand het hy mediese hulp by die lewensredd­ers gekry. Van daar is hy dokter toe waar die wonde skoongemaa­k en hy ook 'n tetanus inspuiting gekry het.

Soortgelyk­e voorvalle

Hierdie is nie die eerste van sulke voorvalle nie. Mossel Bay Advertiser het verlede jaar berig oor soortgelyk­e voorvalle in September en Januarie.

Na afloop van die September voorval het die koerant met dr Greg Hofmeyr van Bayworld in Gqeberha daaroor gepraat. Hy is die kurator by Bayworld en spesialise­er in die navorsing op soogdiere en spesifiek robbe, hy het gesê dit is ongewoon dat robbe mense in die water sal aanval.

"Wat jong robbe betref, dink ek dit is speel en om hul omgewing te verken en met onbekende voorwerpe of wesens, insluitend mense, interaksie te hê. Daar is wel bewerings dat robbe vis en krapdiere eet wat domoïese vergiftigi­ng veroorsaak en die wat dit dan oorleef, vermoedeli­k neurologie­se skade ly en dit kan ook aanleiding gee tot sulke aanvalle," sê Hofmeyr.

Val Marsh van Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) sê hulle het nie spesifieke getalle van soortgelyk­e gevalle nie, maar dat dit van die Weskus tot so ver as Plettenber­gbaai al plaasgevin­d het. Hofmeyr het ook bevestig daar sal moet heelwat meer gedoen word om die navorsing behoorlik te doen. Volgens hom is daar nie genoeg data beskikbaar en vra hy dat wanneer so 'n geval wel voorkom moet die publiek met S.M.A.R.T. of die Bayworld Stranded blitslyn op 071 724 2122 in kontak te kom om dit aan te meld. Hoe meer data op dié manier versamel kan word, hoe meer volledig sal verskillen­de profiele saamgestel kan word om gedragspat­rone uit te pluis.

 ?? ?? Steven Terblanche wys waar hy op sy arm seergekry het na ‘n robaanval.
REGS: Een van die bytplekke op Steven se regterbeen.
Steven Terblanche wys waar hy op sy arm seergekry het na ‘n robaanval. REGS: Een van die bytplekke op Steven se regterbeen.
 ?? ??
 ?? ?? ‘n Bytplek op Steven se regterbeen.
‘n Bytplek op Steven se regterbeen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa