Mossel Bay Advertiser

Vyf Kersbabas sien lig op Mosselbaai

- Jannie du Plessis

Vier dogtertjie­s en een seuntjie is op Kersdag in die Mosselbaai Provinsial­e hospitaal gebore.

Mossel Bay Advertiser het verneem dat die eerste baba, 'n seuntjie, reeds vroeg op Kersdag sy verskyning gemaak het. Mamma Nadine Joseph (20) het om middernag geboorte geskenk aan ‘n seuntjie met ‘n gewig van 2 480g en lengte van 47cm. Sy het normaal geboorte geskenk en haar baba se naam is Landon Matthew Joseph.

Net ‘n halfuur later het Asanda Nonyondla (27) se dogtertjie deur middel van 'n keisersnit haar opwagting gemaak. Sy het 2 900g geweeg en was 47cm lank. Die baba se naam is Yantle Uminam Jiya wees.

Ethel Thungela (21) se dogtertjie van

3 460g en 49cm is om 09:12 gebore. Sy het vir 'n keisersnit gegaan en het tydens die Advertiser se navraag, nog nie op ‘n naam vir haar kleinding besluit nie. Drie-entwintig minute later om 09:35 het Anushka Moolman (25) ook ‘n dogtertjie ryker geword met ‘n gewig van 3 790g en 57cm lank. Moolman het toe ook nog nie op ‘n naam vir haar besluit nie. Die laaste baba vir die dag was die van Santania Isaacs (34) om 13:15 - 'n dogtertjie. Volgens suster Megan Raats het Isaacs normaal geboorte gegee by die huis en is hospitaal toe as "gebore voor aankoms". Dié dogtertjie, ook toe nog sonder ‘n naam, is 46cm lank met ‘n gewig van 2 600g. Raats het ook aan die Advertiser gesê dat die personeel van Mosselbaai Provinsial­e hospitaal se kraamsaal baie tevrede is met die geboorte van die vyf gesonde Kersbabas.

Volgens Gerdia Langenhove­n van die Life Bay View Privaat Hospitaal op die dorp, het geen babas hul opwagting op Kersdag gemaak nie.

 ?? ?? Personeel van die Mosselbaai Provinsial­e hospitaal hier saam met die vyf mammas wat op Kersdag geboorte geskenk het. Links agter: verpleegst­er Mthabiseng Mpuhle, suster Maureen Williams en verpleegst­er Constance van Niekerk. Voor sit die mammas, Nadine Joseph, Asanda Nonyondla, Ethel Thungela, Anushka Moolman en Santania Isaacs met hul nuwelinge.
Personeel van die Mosselbaai Provinsial­e hospitaal hier saam met die vyf mammas wat op Kersdag geboorte geskenk het. Links agter: verpleegst­er Mthabiseng Mpuhle, suster Maureen Williams en verpleegst­er Constance van Niekerk. Voor sit die mammas, Nadine Joseph, Asanda Nonyondla, Ethel Thungela, Anushka Moolman en Santania Isaacs met hul nuwelinge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa