Mossel Bay Advertiser

Twee jong lewensredd­ers ernstig beseer in ongeluk

- Linzetta Calitz

Twee jong lewensredd­ers is Sondag, 7 Januarie, tydens 'n ongeluk op die Vleesbaaip­ad ernstig beseer en is steeds in die hospitaal.

Volgens die NSRI was daar ses lewensredd­ers in 'n Quantum-bussie, toe die ongeluk gebeur het. Hulle was op pad na Vleesbaai waar hulle die dag aan diens sou wees. Die voertuig het die pad verlaat en gerol. 'n Saak van roekelose en/of nalatige bestuur word deur die KwaNonqaba-polisie ondersoek.

Een persoon het nie seergekry nie terwyl die ander vyf hospitaal toe geneem is. Drie van hulle is reeds ontslaan.

'n Samekoms van familie en ander rolspelers is Woensdag, 10 Januarie, by die Mosselbaai-munisipali­teit gehou waar diegene teenwoordi­g eerstens hul dankbaarhe­id teenoor die Here betuig het. Dit is oor en oor gesê: dit kon soveel erger gewees het.

Die lewensredd­ers wat tans in die hospitaal is, Querin Volkwyn (18) en Raywin Cameron (16), se toestande is stabiel en hul ouers sê dit gaan goed met hulle. Hulle het albei ernstige nekbeserin­gs opgedoen en Querin, wat nog in die intensiewe sorgeenhei­d is, se een long het ook platgeval as gevolg van 'n harde hou op sy bors. Hul ouers was by die samekoms teenwoordi­g, so ook die ander lewensredd­ers, James Gross (17), Jayden van Rooyen (19), Wilber Safier (17), Denver Mostert (21), en lede van hul gesinne.

Die munisipale bestuurder, Colin Puren, het die gebeure gelei en die feit benadruk dat Mosselbaai 'n dorp is wat omgee en dat die gemeenskap daar is om die families te ondersteun in hul tyd van nood.

Geen blaam op bestuurder

Die geleenthei­d is gegee vir verskillen­de rolspelers om iets te sê of bedankings te betuig. Wat in besonder uitgestaan het, was Janine Cameron, Raywin se ma, se spreekbeur­t.

“As dit nie vir die Here was nie, waar sou ons gewees het? As ouers sê ons baie dankie

vir almal hier teenwoordi­g. Dit is vir my 'n mooi gesig om te sien wat mense nog kan doen in tye soos die. Dankie vir julle mooi harte om daar te kan wees vir ons.”

Die ouers neem ook nie die lewensredd­er wat die bussie bestuur het, kwalik nie.

“Ek vra dat ons as ouers en die gemeenskap ook vir hom sal bid, want ons weet nie hoe hy voel nie. Hy voel verantwoor­delik vir wat gebeur het, maar Sondag toe kan ek as 'n ouer vir hom sê 'Moenie worry nie, alles gaan oukei wees. Moenie worry nie, ons as ouers blame nie vir jou vir wat gebeur het nie.'

“Die letsels is daar, maar waar lewe is, is daar hoop. Hulle lewe nog, en die Here se genade was vir elkeen van hulle genoeg en daarvoor sê ons baie dankie vir die Here. “Hy het oor en oor sy hand gewys met ons kinders wat aansterk in die hospitaal. Gister het my seuntjie begin loop en ons eer die Here daarvoor. Soos wat my seun sy treë daar gee, trap ons in geloof en ons weet die ander seun sal ook weer opstaan.

“En ons sê baie, baie dankie. Julle sal nie

weet wat julle aan ons as ouers doen nie om dit wat vandag hier gebeur - ons is dankbaar vir die Here vir nog oprégte harte.”

Querin se ouers bedank ook elkeen vir hul gebede. Hulle sê die ondersteun­ing tot dusver is ongeloofli­k. Hoewel hy nog aan sekere masjiene gekoppel is, is hy darem al wakker en reageer as mens met hom praat.

Woordvoerd­er vir die NSRI, Craig Lambinon, sê hul gedagtes en hul ondersteun­ing en omgee is met die families.

Die NSRI en plaaslike lewensredd­erklubs in samewerkin­g met die munisipali­teit, het bystand lewensredd­erdienste verskaf by die strande waar dié ses aan diens sou wees.

Lambinon sê ook die NSRI prys die vinnige reaksie en sorg van die mediese dienste en polisie asook die voortduren­de ondersteun­ing en sorg van hospitaalp­ersoneel en dokters. Hy sê dieselfde geld vir die barmhartig­e Samaritane wat ingespring het om by die ongeluk te help; dit sluit in dokters en paramedici wat van diens af was asook lede van die publiek.

 ?? ?? Querin Volkwyn by verlede jaar se Toughest Firefighte­r Alive.
Querin Volkwyn by verlede jaar se Toughest Firefighte­r Alive.
 ?? ?? Raywin Cameron
Raywin Cameron

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa