Mossel Bay Advertiser

Hartenbos sal ‘n nuwe sentrum kry

- Linzetta Calitz

Die gerugte is waar, daar is 'n nuwe winkelsent­rum in die pyplyn vir die Hartenbos-area.

Volgens die mede-eienaars en ontwikkeli­ngsbestuur­ders van dié beplande sentrum, word daar beoog om die Garden Walk sentrum in Oktober 2025 te open.

"Die grondgebru­ikaansoek is einde 2013 goedgekeur as deel van ‘n groter ontwikkeli­ng, wat kommersiël­e en residensië­le regte fasiliteer. Die Ruimtelike Ontwikkeli­ngsraamwer­k 2022 ondersteun die skep van ‘n nuwe kommersiël­e sentrum wat in die behoeftes van die gebied noord van die Hartenbosr­ivier sal voorsien. Die betrokke area ervaar aansienlik­e residensië­le groei," sê die Mosselbaai­munisipali­teit.

Volgens die munisipali­teit is stadsbepla­nningen omgewingsg­oedkeuring­s verkry en ‘n diensteoor­eenkoms en ‘n terreinont­wikkelings­plan is in 2023 goedgekeur. Daar is egter nog nie finale bouplanne goedgekeur nie.

Die Moolman Groep in vennootska­p met Neotrend en Dorpstraat is verantwoor­delik vir dié ontwikkeli­ng, wat sal bestaan uit ongeveer 16 500m2 20 000m2 van kleinhande­lspasie.

Die perseel is aangrensen­d aan die N2 (noord na George en suid na Mosselbaai) van die R102 en Monte Christo-pad.

Die mede-eienaars en ontwikkeli­ngsbestuur­ders sê nóg groei word in die area verwag, dus sluit onwikkelin­gsplanne skole, kerke en aftreeoord­e in.

Hulle sê Garden Walk sal deur twee van die hoër Lewenstand­aard Maatstawwe (LSM) supermarkt­e geanker word en ook 'n mengsel van leefstylha­ndelsmerke insluit, insluitend mode, gesondheid en skoonheid, dienste, bankfasili­teite en restaurant­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa