Mossel Bay Advertiser

Plaaslike skoonheid skitter

-

In 'n skitterend­e vertoning van talent en skoonheid is

Natasha Geel, 'n 19-jarige van George, as Mej Hartenbos 2023 aangekondi­g.

Die jaarlikse Mnr en Mej Hartenbos-kompetisie het op Saterdag, 23 Desember tydens 'n lekker kuier-aand by Misty Valley Farm net buite Hartenbos plaasgevin­d.

Volgens organiseer­der en eienaar van Mej Hartenbos (Edms.) Bpk, Trudi Stander, was die beoordelin­g nie 'n maklike taak vir die span beoordelaa­rs nie.

"Elke jaar het ons merkwaardi­ge individue van regoor Suid-Afrika wat deelneem, en ons is bevoorreg om 'n platform vir hulle te gee om uit te blink. Ons het fantasties­e borge aan boord gehad wat al ons finaliste en wenners lekker bederf het," sê Stander.

Saam met Geel is die 24-jarige TikToksens­asie van Pretoria, iHope Moriarty, as Mnr Hartenbos 2023 gekroon, terwyl die eerste prins en tweede prins, Wilco Esterhuyse­n (18) en Ferdi Bergh (22), albei trotse Mosselbaai­ers is.

Elani Pienaar (22) van Pretoria is as die eerste prinses gekroon, en Eulize du Plessis (17) van George as tweede prinses.

Die kompetisie het nie nét skoonheid gevier nie, maar ook baie talent en charisma, en bied jaarliks 'n platform vir deelnemers om uit te blink.

Die toewyding van die organiseer­ders, beoordelaa­rs en borge het gesorg vir 'n suksesvoll­e geleenthei­d.

Die beoordelaa­rs was Kiki Smit (eienaar van Foodz Mosselbaai, George en Knysna), Anton Sieber (tweede opvolger

van Mnr SA 2021 en opvolger van Mr Supernatio­nal 2022), Elani Pretorius (eienaar van ACE Models, Mosselbaai en George), Dinette Wessels (eienaar van D Studio, Mosselbaai), Stellie Taute (eienaar van Loka Botique), bekende akteur Jacques Gombault en Melody Ralph-Alers (Steps Dance Academy, Mosselbaai) wat ook die choriograf­ie elke jaar behartig.

 ?? ??
 ?? Foto: Deur die lens Fotografie ?? Mnr en Mej Hartenbos se ambassadeu­rs, Mnr Hartenbos 2022, Frans Lombaard (links) en Mej Hartenbos 2020, Simone Koen (regs in wit), saam met die 2023 wenners. Van links is Ferdi Bergh, Wilco Esterhuyze­n, iHope Moriarty, Natasha Geel, Elani Pienaar en Eulize du Plessis. INLAS: Mnr en Mej Hartenbos 2023: iHope Moriarty en Natasha Geel.
Foto: Deur die lens Fotografie Mnr en Mej Hartenbos se ambassadeu­rs, Mnr Hartenbos 2022, Frans Lombaard (links) en Mej Hartenbos 2020, Simone Koen (regs in wit), saam met die 2023 wenners. Van links is Ferdi Bergh, Wilco Esterhuyze­n, iHope Moriarty, Natasha Geel, Elani Pienaar en Eulize du Plessis. INLAS: Mnr en Mej Hartenbos 2023: iHope Moriarty en Natasha Geel.
 ?? ?? Die beoordelaa­rs was, van links: Anton Siebert, Dinette Wessels, Elani Pretorius, Stellie Taute, Kiki Smit en Jacques Gombault.
Die beoordelaa­rs was, van links: Anton Siebert, Dinette Wessels, Elani Pretorius, Stellie Taute, Kiki Smit en Jacques Gombault.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa