Mossel Bay Advertiser

Mnr en Mej ATKV Hartenbos in Desember aangewys

-

Die heel eerste Crawlers and Crowns/EdenSA Pageants se Karen Gray en Deon Lensing (Mnr Suid-Afrika 2023), in samewerkin­g met ATKV Hartenbos se Delmaine van der Merwe (ATKV koördineer­der), het op 29 Desember die Mnr en Mej ATKV Hartenbos aangebied by die pretpark se amfiteater.

Verskeie deelnemers is by dié funksie in verskillen­de kategorieë gekroon.

Die tiener wenners was Sharika Bondesio met Rosie Venter die eerste prinses en Maria Spangenber­g die tweede prinses.

In die Mej ATKV Hartenbosa­fdeling is Eyethu Goniwe die kroondraer met Eulize du Plessis wat as haar eerste prinses aangewys is en Meghan Oelofse haar tweede prinses. Ruben Louw is Mnr ATKV Hartenbos met Rory Butler die eerste prins en Enrique Horn in die tweede prins. Janca Roode is aangewys as Mej Fotogenies en Hartskeuse en Lelani Human was die filantroop wenner.

Die wenners is op Saterdag, 30 Desember, tydens 'n Afrikaans is Groot-konsert op die verhoog genooi en aan die publiek voorgestel. Hulle is ook aan die kunstenaar­s voorgestel en het die geleenthei­d gehad om saam met hulle foto's te neem.

Volgens Gray is die top twee in die drie kategorieë ook deur haar en Lensing vir Talent America / Pageants America gekies om SuidAfrika in 2024 in New York te gaan verteenwoo­rdig.

Mosselbaai kletsrymer, Onblusbaar, andersins bekend as Dané Prins, het die gehoor ingetrek by haar anti-boelie liedjie, SOS.

Die beoordelaa­rs vir die dag was Ilan van Staden (finalis van The Voice Seisoen 3), Hannes van der Walt (Mnr Suid-Afrika 2020), Ronel de Beer (Ronel de Beer couture), Shannon Thomas (Mej Planet 2023), Mornay Beukes (ATKV-bestuurder) en Gavin Arends (Escape Online radiostasi­e).

 ?? ?? Al die onderskeie wenners. Foto: Damien Coulson Photograph­y & Andrew Basson SA
Al die onderskeie wenners. Foto: Damien Coulson Photograph­y & Andrew Basson SA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa