Mossel Bay Advertiser

Verdrinkin­g verhoed

- Linzetta Calitz

Die Mossel Bay Advertiser het vroeër in die week berig gedoen oor 'n voorval by Die Poort op Mosselbaai waar daar 'n jong meisie byna verdrink het.

Voorheen is berig dat haar sussie haar gered het, maar dit het intussen aan die lig gekom dat dit 'n ander lid van die publiek was, wat as barmhartig­e Samaritaan ingespring het.

Charles van Wyk vertel hy was ook Dinsdag, 9 Januarie, daar. Sy seun het ook by Die Poort geswem.

"Ek het daar gestaan en die twee meisies het gespeel en geswem en later na die diep kant beweeg. Hulle het begin moeg raak en toe begin skree (ons het gedink hulle speel). Dís toe 'n ander dame na hulle geswem het, maar hulle het haar afgedruk."

Hy sê hulle het na die lewensredd­ers geroep, maar hy weet nie of hulle gehoor het nie.

"Ek het toe gehoor sy roep - dis toe ek sien die een meisie sukkel. Toe trek ek my t-shirt uit en swem na hulle waar ek toe sien die een gaan onder die water.

"Toe ek by haar kom was sy so moeg sy kon nie eens beweeg nie. Die ander meisie het toe ook aan my gehang en ek het hulle altwee na die vlak kant geneem. Die een het toe self uitgeklim maar die ander was te moeg en sy het nie beweeg nie."

Hy het hulp gekry van 'n man om haar uit die water te haal. Hy vermoed dit was 'n familielid, maar is nie seker nie.

Aan wal het hy probeer om water uit haar longe te kry. Hy sê nog 'n vrou het hom kom help en hulle kon haar toe bybring. In daardie stadium het die lewensredd­ers ook kom hand bysit.

"Toe sy bietjie sterkter asem begin haal, het ek geloop, want ek was self bietjie, soos hulle sê, shaken up."

Die meisie is in 'n herstel-posisie geplaas waarna verskeie nooddienst­e oorgeneem en gehelp het om haar te stabilisee­r voor sy na Mosselbaai Provinsial­e Hospitaal geneem is.

Met die ter perse gaan kon die meisie se familie nog nie bereik word nie.

 ?? ?? ‘n Meisie word by Die Poort geassessee­r ná sy byna verdrink het.
‘n Meisie word by Die Poort geassessee­r ná sy byna verdrink het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa