Mossel Bay Advertiser

Twee jagluiperd­s by Botliersko­p losgelaat

-

Twee pragtige gesonde jagluiperd­s is in Desember by Botliersko­p Private Game Reserve vrygelaat om by die omgewing aan te pas voor hulle na reservate uitgeplaas is.

Drie mannetjies en 'n wyfie is op Donderdag, 14 Desember, van Ashia Cheetah Concervati­on, Paarl, na Botliersko­p vervoer. Twee van die mannetjies, Percy en Jackson, is onder die wakende oog van bekende wild veearts, dr Willem Burger, in die Botliersko­p reservaat losgelaat terwyl die ander mannetjie en wyfie na ander reservate geneem is.

Rolspelers het reeds van vroeg die oggend vir die twee nuwelinge gewag om te arriveer.

Jackson is van Amakhala Game Reserve naby Paterson in die Oos-Kaap afkomstig en nie vertroud met ander roofdiere nie. Hy was op die roofdiervr­ye gedeelte van Amakhala, maar is na Ashia gebring aangesien hy en sy broer gereeld uit die kamp waar hulle aangehou is, ontsnap het. Percy is op een-jarige ouderdom na Ashia geneem. Dié twee is bymekaar gesit om 'n band te vorm aangesien Percy 'n enkel mannetjie is sonder enige broers of susters. Die name, Percy en Jackson, is 'n toonbeeld van die koalisie tussen dié twee katte. Percy Jackson is 'n fiktiewe karakter van Rick Riordan se TV-reeks, 'Percy Jackson and the Olympians'.

Die twee jagluiperd­s is binne die kratte deur Burger verdoof, waarna hulle in die skaduwee deeglik ondersoek is. Hulle het elkeen ook 'n nekband gekry en is ekstra vitamine binneaars toegedien. Daarna is die twee slapende katte na die 50m x 50m boma gedra waar hulle vir 'n paar weke sal deurbring om gewoond te raak aan die omgewing en die reuke.

Burger het hulle toe weer bygebring met 'n inspuiting waarna Jackson eerste wakker geword het en die omgewing dadelik begin verken het. Percy, wat net daarna ook wakker geword het, het ook na 'n tyd die omgewing begin verken na die slaapmidde­l uitgewerk het.

Na die voorgeskre­we aanpassing­speriode gaan hulle vroeg in dié jaar in 'n groter kamp losgelaat gaan word waar daar genoeg wild is om te jag. Beide Jackson en Percy sal met die tyd dié jagkuns aanleer. Volgens Marna Smith van Ashia, is jagluiperd­s oor die algemeen natuurlike jagters en behoort hulle vinnig aan te pas om self te jag. Die wild egter is nie gewoond aan jagluiperd­s nie en sal in die begin ook maklike prooi wees totdat hulle die twee as 'n gevaar begin sien.

Die aanpassing word daagliks gemonitor deur personeel van Botliersko­p, waarna hulle in verskeie reservate losgelaat sal word.

In samewerkin­g met vennote koördineer Ashia integrasie in die historiese jagluiperd­areas. Hierin speel hulle 'n sleutelrol as 'n ervare bewaringso­rganisasie, met die fokus op die welsyn van individuel­e jagluiperd­s, terwyl hulle die gladde werking van verplasing­s en herstel bestuur deur operasione­le en veterinêre ondersteun­ing, opleiding van spesiesmon­iteerders, infrastruk­tuurontwik­keling en die voorsienin­g van essensiële toerusting. Aangesien dit 'n ontwikkele­nde veld is, het Ashia navorsing as 'n prioriteit gestel om elke tree van hierdie bewaringss­trategie te verbeter.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com
Die twee jagluiperd­mannetjies, Percy en Jackson, word hier ondersoek en die nodige voorbereid­ings getref voor hulle in Desember in die tydelike boma losgelaat is.
Foto: Jannie du Plessis Video + Photo gallery/Fotogalery www.mosselbaya­dvertiser.com Die twee jagluiperd­mannetjies, Percy en Jackson, word hier ondersoek en die nodige voorbereid­ings getref voor hulle in Desember in die tydelike boma losgelaat is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa