Mossel Bay Advertiser

Uitbuiting van publiek by parkeerter­rein

-

Hendrikje Hartwigsen, Mosselbaai:

Ek wil dit net onder u aandag en die publiek se aandag bring dat die manier wat mens vir parkering kan betaal by Hartenbos se winkelsent­rum uiters onregverdi­g is.

Daar is twee betaalstas­ies vir parkering. Een by Pick n Pay en die ander by die fontein. Laasgenoem­de betaalstas­ie het 'n baie lang ry van mense gehad wat wou betaal.

Toe dit my beurt was om te betaal sien ek dat daar op die betaalmasj­ien 'n kennisgewi­ng aangebring is dat die masjien NIE kleingeld uitbetaal nie en ook nie betaalkaar­te aanvaar nie.

Ek het slegs R50 gehad om mee te betaal. Die tarief was R20. Dus hou die masjien R30 van my kleingeld.

Dit is uiters onaanvaarb­aar. Ek sal beslis Hartenbos se winkelsent­um in die toekoms gedurende vakansiety­e vermy.

Kommentaar: Denise Lloyd, Hartenbos Seefront-bestuurder

Die bankfasili­teit in die betaalstas­ie word deur Nedbank verskaf. Tot op Vrydag, 22 Desember, kon klante met hul kredietkaa­rte betaal en ook daarmee tap. Daardie middag het Nedbank se netwerkkaa­rt foutief gegaan en was die bankdiens nie meer beskikbaar nie.

Hartenbos Seefront het die probleem onmiddelli­k onder ons aandag gebring ‘n nuwe netwerkkaa­rt gekry en die HUB (organisasi­e wat die masjiene versien) tegnikus het dit kom installeer. Ongelukkig moes die stelsel van Nedbank af hergeprogr­ameer word en het ons die volgende boodskap ontvang: "We are only able to get that operationa­l after the 3rd January as we need to set an appointmen­t to have that PC applicatio­n rebuilt on the Parking PC."

Daar is toe spesifiek kennisgewi­ngs op die masjien asook teen die muur agter die masjien (sodat klante dit op ‘n afstand kon sien) opgesit.

Die masjien het wel kleingeld gegee, maar nie altyd die regte kleingeld nie, daarom het ons liewer gesê GEEN KLEINGELD nie.

Die skrywer sou dan sy R50 in die masjien kon sit en ses x R5 muntstukke = R30 kleingeld kry (want die masjien gee net munte) of moontlik net R15 of R20 se R2 kry, maar dan het die masjien ‘n klein strokie uitgedruk waarop die balans aangedui word as overpaid.

Klante het dan die geld by die kantoor kom haal, of as dit laat aand was, die volgende dag.

Dus sou klante nie hul kleingeld verloor het nie.

Baie jammer vir die ongerief. Ons het beslis die frustrasie van die gebrek van die gebruik aan bankbetaal­fasiliteit­e gedeel, want dit het ons werk ook ekstra gemaak om die uitbetalin­gs van die kantoor af te doen.

Baie klante het wel ook van die Zapper-fasiliteit gebruik gemaak om hul parkeerkaa­rtjies te betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa