Mossel Bay Advertiser

Help Ricardi om SA te verteenwoo­rdig

-

Mosselbaai-atleet Ricardi Matthee se groot droom is om vanjaar te kwalifisee­r vir die Paralimpie­se Spele in Parys. Matthee is 'n siggestrem­de atleet en sal in die 100- en 200 meter naellope in die T13klas probeer kwalifisee­r.

Plaaslik sal Ricardi twee geleenthed­e kry om te kwalifisee­r vir die Spele.

Op 24 Februarie vind die Wynlandse Internasio­nale byeenkoms in Stellenbos­ch plaas waar hy in 2022 drie goue medaljes verower het. Op 24 Maart vind die nasionale kampioensk­appe in Bloemfonte­in plaas waar hy sy o.20-titel sal verdedig en ook weer 'n geleenthei­d sal kry om vir die Spele te kwalifisee­r.

Indien hy nog nie kwalifiser­ende standaarde bereik het nie, sal daar nog 'n geleenthei­d in Parys wees om dit te vermag waar hy dan ook internasio­nale blootstell­ing sal geniet.

Die byeenkoms in Parys is een van vyf Grand Prix-byeenkomst­e vir paralimpie­se atlete, wat van nou tot in Julie beslis word. Behalwe vir Parys, is nog 'n byeenkoms in Barcelona, Spanje, ook deel van die reeks waar Ricardi ook kan probeer om sy stempel af te druk en op sy tye in internasio­nale geselskap te probeer verbeter.

Soos met verskeie van die kleiner sportsoort­e, moet paralimpie­se atlete ook hul eie onkostes dra en sy familie het 'n Backa-Buddy-blad geskep om fondse te probeer kry vir die uitgawes: www.backabuddy. co.za/champion/project/ricardimat­thee-5764696183­713157887. Ricardi oefen verskrikli­k hard om sy droom te bewaarheid en om veral Mosselbaai trots te maak. Hy het verlede jaar sy matriek aan Curro Mosselbaai voltooi en begin eersdaags met sy studies in kuberveili­gheid by die Cyber Security Studies Institute South Africa.

 ?? ?? Ricardi Matthee
Ricardi Matthee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa