Mossel Bay Advertiser

Huis van gruwels

- Louise Karsten

'n Dertienjar­ige weeskind, wat in die sorg van sy peetpa was, het 'n briefie vir sy tannie saam met 'n maatjie gestuur waarin hy om hulp gesmeek het ná hy vir 'n geruime tydperk na bewering deur sy peetpa seksueel misbruik is.

Die seun se ouers is beide onlangs oorlede waarna hy in die sorg van die verdagte geplaas is.

Die polisie op Mosselbaai se eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe het van die voorval, wat op Heidelberg plaasgevin­d het, bewus geword en die verdagte (29) die afgelope week in hegtenis geneem.

Die verdagte het probeer vlug maar lede van die gemeenskap het die polisie gehelp om hom vas te keer.

Gruwelike bewerings word ondersoek en die verdagte het glo die slagoffer gereeld met 'n pyp of met sy eie skoolbelt geslaan indien hy nie vir hom daaglikse seksuele gunsies wou doen nie.

Lede van die gemeenskap het aan die Mossel Bay Advertiser gesê die verdagte het die seun na bewering beheer en dat geen van sy maats ooit by sy huis mag gespeel het, indien die verdagte nie by was nie.

In vrees geleef

Die slagoffer het glo in vrees geleef en het 'n paar dae nadat hy die briefie vir sy tannie gestuur het, van die huis af weggehardl­oop en hulp by sy tannie gaan soek.

Adjudant offisier Soretha van Zyl van die polisie se eenheid vir gesinsgewe­ld, kinderbesk­erming en seksuele misdrywe op Mosselbaai, het die verdagte in hegtenis geneem op aanklagte van verkragtin­g, aanranding met die opset om ernstig te beseer asook seksuele aanranding.

Meer aanklagte mag dalk by die klagstaat gevoeg word soos die ondersoek ontvou.

Die verdagte het Dinsdag in die Heidelberg-landdrosho­f verskyn en bly in aanhouding by Buffeljags­rivier tot sy volgende verskyning op 12 Maart.

Die slagoffer is intussen in 'n plek van veiligheid geplaas.

 ?? ?? Hierdie pyp is na bewering gebruik om die slagoffer mee aan te rand indien hy nie seksuele gunsies vir die verdagte wou gee nie. HOOFFOTO: ‘n 13-jarige seun is vir minstens twee maande aan seksuele mishandeli­ng onderwerp in hierdie huis wat hy met sy peetpa moes deel nadat beide sy ouers onlangs oorlede is.
Die ondersoekb­eampte in die saak ao Soretha van Zyl.
Hierdie pyp is na bewering gebruik om die slagoffer mee aan te rand indien hy nie seksuele gunsies vir die verdagte wou gee nie. HOOFFOTO: ‘n 13-jarige seun is vir minstens twee maande aan seksuele mishandeli­ng onderwerp in hierdie huis wat hy met sy peetpa moes deel nadat beide sy ouers onlangs oorlede is. Die ondersoekb­eampte in die saak ao Soretha van Zyl.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa