Mossel Bay Advertiser

Blinde avonturier maak korte mette van uitdagings

- Jannie du Plessis

Vir die blinde Carl de Campos van George, is geen uitdaging te groot nie. Op Vrydag, 1 Maart, het die 48-jarige De Campos nog een van sy geweldige lang emmerskopl­ys avonture afgemerk toe hy die Mosselbaai glykabel (zipline - in die ou dae is sommer van 'n foefie slide gepraat) aangedurf en voltooi het.

Blind van geboorte, het hy nog nooit van enige uitdaging teruggedei­ns nie. En soos hy ouer geword het, het die uitdagings van die een tot die volgende uiterste gegroei.

Die glykabel-avontuur het hy as 'n lekker ervaring beskryf. De Campos sê hy het 'n groot ondersteun­ingsnetwer­k, wat hom altyd help en bystaan.

Borg

Dit sluit in sy borg, Swannie Swanepoel, wat ook die hoof ingenieur van die glykabel is, en natuurlik sy vriend Theuns Elof en dié se vrou, Elsje. Theuns en Elsje het ook die glykabel-ervaring gedeel met Elsje agter die kamera.

Van die ander uitdagings, wat hy al voltooi het, sluit in die Comrades Ultramarat­hon, wat hy in 2000 saam met die Johannesbu­rg Harriers aangedurf het.

Dan het hy ook die Argusfiets­toer (deesdae die CTCT - Cape Town Cycle Tour), die uitmergele­nde Fauresmith Uithourit met langafstan­d perde, die Blaauwkran­tz rekspring, die Drakensber­g swaaisprin­g, wat 'n vryval van 17 meter insluit terwyl hy ook al abseil teen die kranse van die Magalies- en Drakensber­ge gedoen het.

Vir hoogtes is hy ook nie bang nie en het hy al verskeie van die meer bekende klimme soos die George-, Losberg-, Tierkop- en die Van Dalenpieke op sy kerfstok.

Hy het ook al verskeie voertuie bestuur op afgeleë paadjies, 'n vliegtuig se beheer in die lug oorgeneem terwyl vierwielmo­torfietsry vir hom glad nie vreemd is nie. Met sy groot voorliefde vir treine, het hy by die Germiston stasie al met 'n lokomotief se kontroles deurmekaar geraak terwyl hy ook op 'n hooflyn onder toesig met 'n dieseltrei­n vertrou is. Hy het ook in Perth, Australië, die IFly binnenshui­se gekrontole­erde valskermsp­rong gedoen.

Mosselbaai na George aflos

Koekemoer, Sean Snyman, en De Campos 'n Mosselbaai na George aflos gedoen. Koekemoer het van Mosselbaai met ‘n kunsbeen tot op Groot-Brakrivier gery waar De Campos oorgeneem het. De Campos het gedraf en is gelei deur voertuie waar hy óf agter die klank aangedraf het óf aan 'n kantspieël­tjie vasgehou het. Naby die George-lughawe het Snyman die laaste skof voltooi tot in George se sakekern.

"Een van die uitdagings wat ek volgende wil doen is om tandemvals­kerm te spring en die nuwe K3 Zipline van 3,2km by Caledon, wat deur Swanepoel ontwerp is, te gaan doen," sê De Campos.

Hy het ná skool 'n IT-rigting ingeslaan en hou baie van databasiss­e. Te midde van al die opwinding, moes hy ook al teleurstel­lings verwerk soos met sy aflegging in 2021 by sy vorige werkgewer. Die afsterwe van beide sy ouers was ook erge laagtepunt­e.

Die geleenthei­d om by die Blinde Instituut van Tegnologie (BIT) opleiding te ontvang in die Salesforce program, het hy met albei hande aangegryp. Dié opleiding sluit ook databasiss­e in. Tans is hy as vakleerlin­g by BIT vir twee jaar betrokke waarna hulle hom dan in 'n pos sal uitplaas.

Stokperdji­es

Die man het ook geen tekort aan stokperdji­es nie. Met 'n iPhone, wat 24/7 by hom is en met van die nuutste toepassing­s spog, is sy selfoon soos sy eie persoonlik­e gidshond. Hy vertel ook dat baie van die toestelle in sy tuinhuis in George soos sy wasmasjien, hoëtrouste­l, en alarmstels­el met 'n toepassing op die foon beheer word.

Hy het 'n groot versamelin­g treine en lokomotiew­e in sy motorhuis stuk-virstuk opgebou en spore, bedrading en uitlegte self gedoen.

Soms speel hy tromme, luister na flieks, luister musiek, sny self sy gras, plant en krap in die tuin rond, maak die huis skoon, en kook.

Hy beskou kook egter nie as een van sy sterkpunte nie. Hy kan self braai as hy wil, maar verkies dat hy vriende nooi en dat hulle dan braai.

Met 'n sprankelen­de persoonlik­heid en 'n sin vir humor het hierdie man se lus vir 'n uitdaging, ten spyte daarvan dat hy niks kan sien nie, geen einde nie.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? In Mei 2021 het die Drie Amigos, Pieter
Carl de Campos hier in tandem op die Zipline op Mosselbaai.
Foto’s: Jannie du Plessis In Mei 2021 het die Drie Amigos, Pieter Carl de Campos hier in tandem op die Zipline op Mosselbaai.
 ?? ?? Theuns Elof hier saam met Carl de Campos voor hulle by die Zipline op Mosselbaai afgegly het.
Theuns Elof hier saam met Carl de Campos voor hulle by die Zipline op Mosselbaai afgegly het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa