Mossel Bay Advertiser

Voorgestel­de Danabaaitr­ansaksie gaan nie voort

- Linzetta Calitz

Ofskoon gemoedere in die raad hoog geloop het met die hantering van dié spesifieke item, was daar geen besware teen die aanbevelin­g dat 'n gedeelte van Erf 6393, Danabaai, nié vervreem word nie.

Dít was by die eerste ope raadsverga­dering vir die jaar op Donderdag, 29 Februarie. Die item is vir ongeveer 30 minute tussen die onderskeie partye bespreek voor die speaker die punt afgesluit het.

Die volledige raadsverga­dering is op die munisipali­teit se YouTube-kanaal (https:// www.youtube.com/watch?v=Occvr7zF3v­A) beskikbaar. Die bespreking van dié item kom voor ná 5 ure en 10 minute in die video.

Die volledige lys van besware en ander kommentaar, as anneksdoku­mente aangeheg, kan ook aanlyn besigtig word op die munisipale webblad. Kry die agenda vir die beplanning en ekonomiese ontwikkeli­ng komitee-vergaderin­g by https://www. mosselbay.gov.za/document-view/ bcd65dc8-c07b-4745-9e09-9b95f94d27­d4.

Verklaring

Na afloop van die vergaderin­g het die DA se Mosselbaai-koukus 'n verklaring uitgereik waarin hy, onder meer, weer eens benadruk het die korrekte prosesse is gevolg in lyn met die Batebestuu­rsbeleid asook publieke deelname; beweer opposisiep­artye het die publiek mislei; sê hy "ag dit verwerplik dat opposisiep­artye kleinlike politieke munt probeer slaan het uit die familiever­bintenis"; en spesifiek punt agt van die aanvanklik­e item benadruk.

"Sou die opposisie voorwaarde 8 van die raadsitem van 30 November met begrip gelees het, sou hulle besef het dat die verhandeli­ng van die grond slegs met die instemming van die twee huiseienaa­rsverenigi­ngs ter sprake sou kon voortgaan."

Beide die ACDP en VF Plus, uit wie se oorde baie van die kritiek teenoor die item gekom het, hou op hul beurte vol dit was die DA se plan om die gedeelte erf te vervreem en dat niks sonder hul goedkeurin­g gebeur nie.

Opposisie

Die ACDP sê opsommend is sy punte as volg:

Die DA het die item goedgekeur terwyl die opposisie teen dit gekant was, opposisie partye het die publiek gemobilise­er om beswaar te maak, slegs tóé het die DA aanvaar hul voorstel is deur die publiek verwerp en probeer nou hul aansien in die publieke oog herwin, en laastens dat die vervreemdi­ng van die grond nie in die belang van die publiek was nie.

Die VF Plus se reaksie was op dieselfde trant en het op sy beurt gesê die DA gebruik boelietakt­iek deur konstant opposisiep­artye te wil verkleinee­r. Die party sê hierdie kwessie het die publiek laat besef die mag is in hul hande en hy hoop dit het inwoners bewus gemaak van hoe belangrik dit is om raadsagend­as en vergaderin­gs te volg.

Die party ontken ook dat hy ‘n prentjie probeer skets het dat die transaksie reeds afgehandel is. "Die VF Plus sal aanhou om die transaksie­s en intensies van die DA dop te hou."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa