Mossel Bay Advertiser

Klagte oor helling

- Linzetta Calitz

'n Plaaslike inwoner het onlangs kommer uitgespree­k oor die kostes daaraan verbonde om die sleephelli­ng op Mosselbaai te gebruik van waar bote of jetski's te water gelaat word.

Volgens die inwoner vergelyk die pryse sleg met ander plekke s'n en is dit hopeloos te duur. Persone moet beide die TNPA (Transnet National Ports Authority) betaal vir 'n permit asook die Skipper Foundation vir gebruik van die hellings.

Elfie Holden, een van die direkteure van die Skipper Foundation, waaronder die bestuur van die twee sleephelli­ngs val, sê hierdie twee tariewe verskil omdat ander hellings moontlik in privaatbes­it is of deur die munisipali­teit in daardie gebiede bestuur word.

Sy sê ook hulle het geen beheer oor die permitte nie.

Sy sê die tarief wat hulle vra is omdat hulle 'n diens daar lewer. Die Skipper Foundation se kostes aan die munisipali­teit en TNPA beloop ongeveer R45 000 per maand.

Die TNPA se permitte is R250 vir bote korter as 6 meter en R499 vir bote langer as 6 meter. Dié permitte is vir 'n jaar geldig, maar jy moet dit aan die begin van April aanskaf. Sou jy dit byvoorbeel­d nou wou kry, sou dit slegs geldig wees tot die einde van Maart.

Van die Skipper Foundation se kant af is daar dan binne en buite seisoen pryse asook 'n opsie om vir die jaar te betaal, verduideli­k Holden.

Buite seisoen is die jaarlikse fooi R2 740.

Alternatie­welik kan jy R230 per dag betaal. Beide dié pryse sluit die gebruik van die trekker uit om te help met lanseer. Holden sê die gebruik van 'n trekker is opsioneel.

Binne seisoen (gedurende Desember en Januarie) kan gebruikers 'n onbeperkte hoeveelhei­d kere lanseer vir R1 370, of R340 per dag betaal. Dit sluit ook die gebruik van die trekker uit.

Holden se die kostes is gebaseer op wat die bestuur voor hulle gevra het, en word verhoog soos hul huurbedrag ook verhoog.

Vrae met betrekking tot die rede vir permitte is aan die TNPA gestuur.

 ?? ?? Inligting oor die gebruik van die sleephelli­ng op Mosselbaai.
Inligting oor die gebruik van die sleephelli­ng op Mosselbaai.
 ?? ?? Een van die twee sleephelli­ngs naby die Mosselbaai hawe.
Een van die twee sleephelli­ngs naby die Mosselbaai hawe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa