Mossel Bay Advertiser

Pragtige skildery aan bejaardes geskenk

- Jannie du Plessis

Ferdi Pieterse het verlede week Donderdag, 29 Februarie, by die Hartenbos Versorging­soord gaan kuier waar hy 'n skildery geskenk het wat hy gevoel het sal pas by die tema van “Ons bejaardes in die sorg van die personeel van die oord".

Die pragtige skildery van Pieterse is spesiaal deur Exclusive Framing vir die versorging­soord geraam en vertoon 'n bejaarde vrou wat lyk of sy by 'n venster uitkyk met sonlig wat op haar gesig val. "Vir my vertel die skildery die verhaal van 'n bejaarde wat sit en staar in die verte en wag vir besoekers of familie om te kom kuier," sê Swanepoel.

Bestuurder van die Hartenbos Versorging­soord, Johan Jacobs en suster Ebenja Maritz, kon nie uitgepraat raak oor die pragtige skildery nie. Jacobs wou eers die skildery in die siekeboeg gaan hang, maar het besluit die mooi skildery gaan voorportaa­l toe en het sommer dadelik daarvan werk gemaak.

Pieterse het aan die einde van 2019 as adjunkhoof by Hoërkool Punt op Mosselbaai afgetree. Hy was jare die Fisiese Wetenskapo­nderwyser vir gr 9 tot 12. Pieterse sê hy is maar 'n selfontwik­kelde kunstenaar en kon gedurende sy jare in die onderwys bitter min tyd aan sy kuns afstaan.

"Met my aftrede het ek voltyds begin skilder. My medium is olieverf, en ek skilder ‘n wye verskeinde­nheid temas. Ek skilder ook kommissiew­erk soos deur kliënte aangevra," sê hy.

Van sy hoogtepunt­e in sy kort skilderloo­pbaan is dat die Afrikaanse Taal en Kultuurver­eniging van sy skilderye gekoop het, waarvan enkeles in ‘n permanente uitstallin­g in die Voortrekke­rmonument hang.

Hy het ook al derde geëindig in ‘n landwye skilderkom­petisie.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Engela Jacobs (finansiële hoof), Johan Jacobs (bestuurder), Ferdi Pieterse en Ebenja Maritz (suster) by die pragtige skildery, wat Pieterse aan hulle geskenk het.
Foto: Jannie du Plessis Engela Jacobs (finansiële hoof), Johan Jacobs (bestuurder), Ferdi Pieterse en Ebenja Maritz (suster) by die pragtige skildery, wat Pieterse aan hulle geskenk het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa