Mossel Bay Advertiser

Camino verken die Klein-Karoo se stories

-

Die Klein-Karoo is 'n streek vol stories. Veral stories oor die mense wat hier gewoon, lief gehad en gewerk het. Hulle het hul geloof uitgedruk in die bou van pragtige sandsteenk­erke, katedrale en sinagoges, wat vandag nog tasbare monumente van hul erfenis is.

Pelgrims kan vanjaar die geleenthei­d kry om ten bate van Solidarite­it Helpende Hand dié geskiedkun­dige huise van aanbidding te besoek as deel van die Camino van die Sandsteenk­erke. Dié Camino is 'n unieke staproete wat pelgrims nie net met die verlede sal verbind nie, maar ook met hulself en mekaar.

Die Camino van die Sandsteenk­erke is 'n inisiatief van die Klein Karoo Camino, 'n organisasi­e wat verskillen­de staproetes in die streek aanbied om mense te inspireer om hul lewens te vernuwe en te verryk.

"Solidarite­it Helpende Hand is bevoorreg om by dié staptog vir die siel betrokke te kan wees. Die Camino van die Sandsteenk­erke fokus spesifiek op die kulturele en spirituele aspekte van die Klein-Karoo en neem pelgrims op 'n reis deur die verskeiden­heid kultuurska­tte, wat hier ontstaan het," sê Alisha de Lange, Solidarite­it Helpende Hand se streeksbes­tuurder van die Wes-Kaap.

Die sirkelroet­e strek oor sowat 190 km, maar pelgrims kan ook korter of langer roetes aandurf.

Nuwe roetes oor langer afstande word tans ontwikkel om aan ervare stappers meer opsies te gee. Elke Camino eindig op Oudtshoorn, die hart van die Klein-Karoo. Die pelgrims stap deur die geskiedeni­s, kultuur en natuurskoo­n van die streek en besoek verskeie plekke van aanbidding, besienswaa­rdighede en unieke landmerke.

"Die doel van die pelgrimsto­g is om 'n geestelike, fisieke en emosionele ervaring te bied wat die pelgrims nader aan hulself, mekaar, die natuurskoo­n en God bring. Die einddoel is om die nodige fondse in te samel vir verskeie projekte van Solidarite­it Helpende Hand Wes-Kaap-streek om Afrikaanse gemeenskap­pe te ontwikkel en te versterk," sê De Lange.

Om te stap, tap energie en daarom word alle maaltye verskaf en is dit vullend, gesond en smaaklik. Gaste kan uitsien na driegangma­altye plus heerlike versnaperi­ngs op die roete.

Pelgrims kan die volgende hoogtepunt­e op die hele sirkelroet­e beleef; Sinagoges, St. Saviour Katedraal, St. Judes Anglikaans­e kerk, NG Moedergeme­ente Oudsthoorn, Bybelse Tuin, Kango Bergoord, Rust-enVrede Waterval, sterrekyk, Spitskop en Oudemuragi­e, De Rustica Olyfplaas, die Lydensweg (Via Dolorosa), die historiese swaaibrug en volstruisp­aleise.

Vir meer inligting besoek die Klein Karoo Camino webwerf by www. kleinkaroo­camino.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 071 209 1977.

 ?? ?? Die preekstoel van die NG gemeente op Oudsthoorn is een van die besoekpunt­e gedurende die Camino.
Die preekstoel van die NG gemeente op Oudsthoorn is een van die besoekpunt­e gedurende die Camino.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa