Mossel Bay Advertiser

Jeug gee hupstoot vir Herbertsda­le

- – Mosselbaai-munisipali­teit

Oud en jonk het die afgelope naweek nadergesta­an toe die Mosselbaai­munisipali­teit en sy vennote ‘n pretdag op Saterdag, 2 Maart, op Herbertsda­le aangebied het. Die munisipali­teit se kantoor vir jeug- en sportontwi­kkeling, die WesKaapse regering e-sentum, asook Wonderful SA het saamgespan om ‘n feestelike dag propvol aktiwiteit­e by Laerskool Herbertsda­le se sportveld aan te bied.

Daar is boeresport speletjies gespeel wat sakresies, eier-in-die-lepelresie­s, asook toutrek ingesluit het. Mini- en handvoetba­l, netbal en raakrugby het ook getalle deelnemers getrek en selfs die domino’s is uitgepak.

Die dorp se senior burgers, asook die Aloegroep vir gestremdes het seker gemaak dat hulle nie dié pretdag misloop nie. Nagenoeg 120 Herbertsda­lers het aan die program deelgeneem, waaronder ook een van die dorp se oudste inwoners, Theo Cupido (83) alombekend as Oom Stompie.

Die dag het egter nie net oor sport en “sports” gegaan nie, maar die geleenthei­d is benut om ‘n opvoedkund­ige boodskap oor middelafha­nklikheid oor te dra.

Setchmor Rhoodes, van die munisipali­teit se kantoor vir landelike ontwikkeli­ng, asook ander sprekers het die Herbertsda­lers toegespree­k. Rhoodes is betrokke by die fasiliteri­ng van die Plaaslike Dwelmaksie­komitee, oftewel LDAC. Wonderful SA het ‘n opvoedkund­ige teaterstuk opgevoer om die negatiewe effek van ‘n gebrek aan ondersteun­ing binne die gesinskont­eks te illustreer.

Die volgende program, aangebied deur die Mosselbaai-munisipali­teit, sal in die Maartskool­vakansie plaasvind.

Nuwe speelpark

Nog ‘n hoogtepunt op Herbertsda­le die week, is die amptelike opening van ‘n nuwe speelpark op die dorp tydens ‘n besoek van die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Dirk Kotzé. Die nuwe speelpark is verlede maand voltooi, na ‘n lang proses in gesprek met die wyksraadsl­id en wykskomite­e om genoegsame begroting te bekom waarna ‘n plek vir die vestiging van die park bepaal is. Die speelterre­in is ingerig langs ‘n gebou, wat volgens ‘n raadsbeslu­it aan die Herbertsda­le-buurtwag verhuur word. Bo en behalwe dat die speelplek onder die waaksame oog van die buurtwag is, is die perseel ook deur die munisipali­teit omhein vir veiligheid.

Tydens die burgemeest­er se besoek, is nog ‘n spesiale geleenthei­d gehou by Laerskool Herbertsda­le, waar ‘n lewenskrag­tige tuin aangelê is met behulp van die Belgiese nie-winsgewend organisasi­e, Drops (Direct Relief of Poverty & Sickness Foundation). Verteenwoo­rdigers van Drops, Harry en Marianne Graf was ook teenwoordi­g om dié projek se vordering te sien.

Drops bestaan uit vrywillige­rs wat fokus op die ondersteun­ing en bevorderin­g van onderwys, gesinsorg, infrastruk­tuur en ontwikkeli­ng. Hulle doelwitte sluit onder meer ook volhoubare voedselvoo­rsiening in. Drops het, in samewerkin­g met die munisipali­teit se kantoor vir landelike ontwikkeli­ng in Oktober 2023, tuingereed­skap, ‘n hoeveelhei­d groentepla­ntjies, saad en vrugtebome aan Laerskool Herbertsda­le geskenk.

Die ondersteun­ing van Drops het 'n beduidende rol gespeel in die verbeterin­g van die skoolomgew­ing, die verskaffin­g van waardevoll­e leergeleen­thede aan die skoliere, en het boonop verseker dat die skool se koshuis van vars groente verskaf is, wat hulle self verbou het.

Die Herbertsda­le-projek, is Drops se vyfde projek sedert 2018 in samewerkin­g met die munisipali­teit, ten einde die gemeenskap te bemagtig.

Die projekte op Herbertsda­le gee opnuut uitdrukkin­g aan die Raad se strategies­e doelwitte binne die GROEI-strategie, naamlik die bevorderin­g van ‘n gesonder, groener omgewing, gemeenskap­sveilighei­d en maatskapli­ke herlewing.

Die perseel is ook deur die munisipali­teit omhein vir veiligheid.

 ?? ?? Boeresport speletjies, insluitend toutrek en sakresies is deur die Mosselbaai-munisipali­teit se jeug- en sportontwi­kkelingska­ntoor in samewerkin­g met hulle vennote, aangebied.
Boeresport speletjies, insluitend toutrek en sakresies is deur die Mosselbaai-munisipali­teit se jeug- en sportontwi­kkelingska­ntoor in samewerkin­g met hulle vennote, aangebied.
 ?? ?? Oud en jonk het aan die boeresport speletjies deelgeneem.
Oud en jonk het aan die boeresport speletjies deelgeneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa