Mossel Bay Advertiser

Spesiale woordkuns en musiek by KKNK

-

Petronel Baard, Mosselbaai se gevierde musikant en sanger, smee kragte saam met die skrywers Chanette Paul en Jan van Tonder in ‘n lieflike woordkuns- en musiekaanb­ieding by vanjaar se KKNK op Oudtshoorn later vandeesmaa­nd.

Voorlesing­s en staaltjies word ge-eggo met musiek wat die skrywers geïnspiree­r het en slim aansluit by verskeie temas uit hul boeke.

'n Musikale kyk agter die skerms na verhale soos Murasie, Vywerbaai, Sagie, Die Verevrou en meer uit die skrywers se penne, word vir die eerste keer musikaal aangebied.

Tweeluik verwys na twee boeke in dieselfde reeks en met die talente van die 2022 ATKV-Crescendo finalis, Alzanley, bygestaan deur Petronel en haar getroue klavier, spog Tweeluik met twee skrywers asook twee sangers, wat kragte saamspan in 'n besonderse boek- en musiekreis, spesiaal vir die KKNK.

Tweeluik speel op 23 en 26 Maart by die KKNK in die Banketsaal om 18:00 en 20:00 onderskeid­elik. Kaartjies wissel van R145 aanlyn tot R175 by die deur.

Bespreek by www.webtickets.co.za/v2/ event.aspx?itemid=1541855805.

Beide Van Tonder en Paul is gevierde skrywers wat al vir verskeie toekenning­s benoem en vereer is, wat insluit ATKVWoordv­eertjies tot die US Woordfees Woordtrofe­ë boekpryse.

Van Tonder se boek, Roepman, is ook in ‘n bekroonde film verwerk. Paul se nuutste boek, Anoniem word spesiaal by die KKNK vrygestel.

Petronel Baard is 'n SAMA genomineer­de sanger wat in 2020 met 'n Beiteltjie vereer is vir haar bydrae tot Afrikaans.

Alzanley Lizemore is 'n finalis vir ATKVCresce­ndo 2022, wat ook as agent vir van die finaliste reeds haar stempel afgedruk het.

 ?? ?? Alzanley Lizemore
Alzanley Lizemore
 ?? ?? Jan van Tonder
Jan van Tonder
 ?? ?? Petronel Baard
Petronel Baard
 ?? ?? Chanette Paul
Chanette Paul

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa