Mossel Bay Advertiser

AfriForum Mosselbaai kies nuwe bestuur

-

Die AfriForum-tak op Mosselbaai het Dinsdag, 27 Februarie, nuwe bestuursle­de by ’n gemeenskap­svergaderi­ng verkies. Flip Buys, voorsitter van die Solidarite­it Beweging, en Kallie Kriel, uitvoerend­e hoof van AfriForum, was eregaste by dié geleenthei­d en het die gemeenskap toegespree­k oor dit wat die Solidarite­it Beweging en AfriForum vanjaar wil bereik. Buys en Kriel het ook die Mosselbaai-tak se nuwe bestuur verwelkom.

Die nuwe bestuur is: Jean Lategan (voorsitter), Pieter de Villiers (ondervoors­itter), Amanda Lategan (sekretaris), Lukas Swart (tesourier), Etienne Erlank (gemeenskap­sveilighei­d), Magnus Stone (omgewingsa­ke en jeug), Andre Slippers (plaasliker­egeringsak­e), Joy Cook (bemarking en projekte) en Louis Cook (kultuur en toerisme).

“Dis bemoedigen­d om te sien hoe gemeenskap­slede bereid is om hul tyd en energie af te staan om ’n verskil in hul gemeenskap te maak. Ons is dankbaar vir die vorige bestuur wat die weg gebaan het vir die nuwe bestuur om gemeenskap­skwessies aan te pak,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distriksko­ördineerde­r vir die Suid-Kaap.

Erasmus het ook spesiaal vir die Cookegpaar, stigtersle­de van die tak, uitgesonde­r wat ná 12 jaar as onderskeid­elik voorsitter en sekretaris uittree om voorts nuwe rolle by die tak aan te neem.

Lategan, die nuutverkos­e voorsitter, het onderneem om die gemeenskap by alle aangeleent­hede te betrek, en te fokus op ’n samewerkin­gsverhoudi­ng met die plaaslike regering en ander rolspelers. Gemeenskap­sveilighei­d sal ook een van die belangriks­te fokuspunte vir die tak wees.

Gemeenskap­slede word aangemoedi­g om by hul naaste AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerkli­ke verskil in hul gemeenskap te maak. Stuur ’n e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za of kontak hom by 081 216 9602 vir meer inligting.

 ?? ?? Die AfriForum-tak op Mosselbaai se nuwe bestuur, van links, agter: Marthinus Erasmus, Deon de Jager, Flip Buys, André Slippers, Jean Lategan, Etienne Erlank en Kallie Kriel. Voor: Magnus Stone, Lukas Swart, Louis Cook, Amanda Lategan, Pieter de Villiers en Joy Cook.
Die AfriForum-tak op Mosselbaai se nuwe bestuur, van links, agter: Marthinus Erasmus, Deon de Jager, Flip Buys, André Slippers, Jean Lategan, Etienne Erlank en Kallie Kriel. Voor: Magnus Stone, Lukas Swart, Louis Cook, Amanda Lategan, Pieter de Villiers en Joy Cook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa