Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai Gholfklub beleef ‘n lekker aksiebelaa­ide Februarie

-

Die Mosselbaai Gholfklub het gedurende Februarie drie Woensdag-klubkompet­isies gehad. Spelers het op Woensdag, 14 Februarie, 'n opwindende dag beleef met die wenners van dié Beterbal Houespel-formaat, wat met 'n uittel beslis moes word aangesien die eerste, tweede en derde plekke almal dieselfde hoeveelhei­d punte aangeteken het.

Die dag het aan Cecil Gericke en Jacques Slabber (62 punte) behoort met Adriaan Maarschalk en Gys Wilson (ook 62) in die tweede plek en Chris Barnard en Dawid Gerber (ook op 62 punte) in die derde plek.

Woensdag, 21 Februarie, se kompetisie is deur Denzel Kleu Eiendomme geborg. Die formaat vir die dag was 'n Individuel­e

Stableford-komperisie. Erick Barkhuizen was die wenner vir die dag met 'n uitstekend­e telling van 43 punte. In die tweede plek met 'n uittel was dit Stephen le Roux met ook 'n fantasties­e telling van 43 punte.

Die maandeliks­e Sakemanned­ag, 'n Beterbal Stableford-formaat, het op Woensdag, 28 Februarie, plaasgevin­d. Spel was taamlik uitdagend met die wind wat woes gewaai het, maar dit het nie die ervare spelers teruggehou nie.

Die wenners vir die dag, Roelof Engelbrech­t en Gert Pieterse, teken 'n telling aan van 73 punte. In die tweede plek was dit Rob Muller en Bronwen Powell met 69 punte en in die derde plek Albie Ellman en Gary Brandt met 68 punte.

Saterdag-kompetisie­s

Eric Barkhuizen en Andries Hills, met 'n spoggerige telling van 46 punte, was Saterdag, 17 Februarie, se wenners van die Beterbal Stableford- klubkompet­isie. Tweede was Johan van den Berg en Bart Saayman met 44 punte en in die derde plek was Albie Ellman en Adin van Aswegen met 44 punte.

Tydens Saterdag, 24 Februarie, se Individuel­e Stableford-kompetsies het twee van die spelers uitmuntend­e rondes gespeel en was hulle in 'n titaniese stryd gewikkel om die eerste plek.

Die wenner is op 'n uittel bepaal met Fritz Wulf (42 punte) eerste, Stephan Olivier (ook 42 punte) tweede. Sakkie Morrison, wat ook 'n uitstekend­e ronde gespeel het, was derde met 41 punte.

Op Sondag, 25 Februarie, was Mosselbaai Gholfklub bevoorreg om die Nomads gholfdag aan te bied. Hulle het nog die mooi tradisie waar hulle formele drag by die prysuitdel­ing dra.

Die wenners was Dominik Dimatellis 34 punte (C-afdeling), Tjoepie Pretorius met 'n briljante 39 punte (B-afdeling) en Shadrack Donson met 31 punte (A-afdeling). Met dié golfdag wat suksesvol afgehandel is, sien die klub uit na die volgende Nomads toernooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa