Mossel Bay Advertiser

Paviljoen se herstel sal ná die seisoen voltooi word

-

Na ‘n deeglike konsultasi­e met die twee kontrakgeb­ruikers van die D’Almeida Stadion, Barbarians-rugbyklub en Hoërskool Sao Bras, is tot die vergelyk gekom dat die paviljoen eers ná die rugbyseiso­en herstel sal word. Die paviljoen is tydens stormwindt­oestande verlede jaar in September beskadig nadat van die dakplate losgeruk is.

Na ‘n proses van onderhande­ling met die munisipali­teit se versekeraa­rs, is tot die gevolgtrek­king gekom dat die kontrak vir die herstelwer­k, wat ongeveer R900 000 beloop, op tender sal uitgaan. Die tenderpros­es kan tot vier maande duur voor toekenning waarna die herstelwer­k in aanvang kan neem. Met die herstelwer­k, sal die paviljoen vir minstens ses weke, en die stadion vir ongeveer drie weke nie deur die publiek gebruik kan word nie.

As gevolg van hierdie tydsduur wat die rugbyseiso­en negatief sal beïnvloed, het beide Barbarians en Sao Bras versoek dat die herstelwer­k eers na alfoop van hul sportbedry­wighede moet plaasvind.

Hoërskool Sao Bras is vanjaar 60 jaar oud en beoog om hulle feesvierin­ge by die D’Almeida Stadion te hou, dus sal dit ook vir hulle voordelig wees, sou die herstelwer­k later vanjaar in aanvang neem.

Oktober

Daar is dus ooreengeko­m dat die herstelwer­k waarskynli­k eers in

Oktober, na afloop van die Mosselbaai Sport- en Rekreasief­ees en spesifiek die Burgemeest­erstoernoo­i, wat vanjaar op D’Almeida gespeel sal word, sal plaasvind.

Sou die herstelwer­k in Oktober vanjaar begin, word die voltooiing daarvan in middel-Desember in die vooruitsig gestel.

Samespreki­ngs oor die herstelwer­k het op Maandag, 4 Maart, plaasgevin­d tussen Barbarians Rrugbyklub, Hoërskool Sao Bras en die munisipali­teit, verteenwoo­rdig deur die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé, die munisipale bestuurder, Colin Puren, raadsheer Niklaas Booisen, portefeulj­ebestuurde­r van gemeenskap­sdienste en die direkteur gemeenskap­sdienste, Elize Nel.

“Ons is dankbaar dat daar nou uitsluitse­l oor die pad vorentoe is. Die munisipali­teit bedank Barbarians, asook Sao Bras vir hulle gesindheid en samewerkin­g. As deel van ons GROEI-strategie, is die ondersteun­ing van maatskapli­ke herlewing deur middel van sport vir die Raad baie belangrik. Ons bedank ook die publiek, die toeskouers wat sportgelee­nthede bywoon vir hulle geduld tydens die proses en ons vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word,” noem raadsheer Niklaas Booisen, wat ‘n groot rugbyentoe­sias is.

Die stadion is veilig vir publieke gebruik en sportoefen­inge duur voort. Mosselbaai-munisipali­teit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa