Mossel Bay Advertiser

Landelike gemeenskap­sveilighei­d vir Mosselbaai-area

- Lydie Terblanche

Op 1 en 2 Maart het ongeveer 50 persone van verskeie veiligheid­sorganisas­ies in die Mosselbaai munisipale area byeen gekom om insette te lewer in die daarstelli­ng van ‘n landelike Gemeenskap­sveilighei­dsteunkrin­g vir Mosselbaai, wat in staat sal wees om aktiewe gebiedsbes­kermingsop­erasies ter beveiligin­g van die gemeenskap uit te voer.

Dié werksessie is deur AfriForum se Mosselbaai-tak geïnisieer en deur genlmaj (afgetree) Roland de Vries gefasilite­er. Generaal De Vries is ‘n voormalige adjunk hoof van die SA Leër, en sekerlik dié kenner van gebiedsbev­eiliging in Suid-Afrika. Hy is ook die outeur van die boeke Veiligheid vir Gemeenskap­pe, Mobile Warfare for Africa en

Eye of the Thundersto­rm. Groot dank gaan ook aan uitvoerend­e burgemeest­er, Dirk Kotzé wat die Saterdagse­ssie bygewoon het.

‘n Gemeenskap­sveilighei­dsteunkrin­g is daarop gemik om gemeenskap­pe te bemagtig om selfbesker­ming na te streef, dit impliseer moed en deursettin­gsvermoë om eie potensiaal te ontwikkel om misdaad effektief te help bekamp. Dit word beklemtoon dat alles wat die gemeenskap ter selfbesker­ming aanpak, profession­eel, korrek en wettig is, daar word ten alle tye gepoog om dit in samewerkin­g met die SAPD en alle relevante rolspelers te verwesenli­k.

Gedurende die werksessie, was ‘n terreinwaa­rdering gedoen, wat tot die identifise­ring van verskeie sektore gelei het waaaruit veiligheid­seenhede moet voortsprui­t. Generaal De Vries het hieruit 'n breë operasione­le plan sowel as steunplann­e ontwikkel wat verder deur 'n aangesteld­e projekspan, onder leiding van Murray van der Merwe die leier van Groter Brandwag Plaaswag, verfyn en gedurende die volgende twee jaar sal uitbou en finaliseer. Die idee is om die landelike komponent met dié van Mosselbaai-dorp se veiligheid­sbestel te integreer. Een van die groot pluspunte is dat die munisipali­teit reeds oor ‘n gesamentli­ke operasie-sentrum (GOS), beskik, wat die doelgerigt­e beplanning en koördineri­ng van veiligheid­s-operasies kan help rig en koördineer.

Vir enige navrae kan Louis Cook (082 097 4560) gekontak word.

 ?? ?? Ludwig van Veijeren met die pofadder wat hy gevang het.
Ludwig van Veijeren met die pofadder wat hy gevang het.
 ?? ?? Murray van der Merwe lewer insette tydens die terreinwaa­rdering.
Murray van der Merwe lewer insette tydens die terreinwaa­rdering.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa