Mossel Bay Advertiser

Wykskomite­es bou kapasiteit

-

Die Mosselbaai-munisipali­teit se openbare deelnameka­ntoor en die direktoraa­t infrastruk­tuur het verlede naweek kragte saamgesnoe­r waar wykskomite­es op 'n opvoedkund­ige toer van noodsaakli­ke munisipale infrastruk­tuur geneem is. Die wykskomite­elede van Mosselbaai se 15 wyke, woon elke kwartaal 'n spanbouses­sie by. Die wykskomite­es speel 'n noodsaakli­ke rol in die kommunikas­ienetwerk tussen die munisipali­teit en die inwoners, en 'n toer deur die munisipale infrastruk­tuur stel hulle dus in staat om eerstehand­s verslag te gee van hul ervaring en waarneming­s.

Die toer deur munisipale infrastruk­tuur was 'n eerste en die terugvoer was oorweldige­nd positief. Infrastruk­tuurpersel­e wat besoek is, sluit in Mosselbaai se bekroonde ontsouting­saanleg in Voorbaai, die Sonskynval­lei-substasie, Hartenbosr­ioolsuiwer­ingswerke, en Klein Brakwaters­uiweringsa­anleg. Direkteur

Dick Naidoo (infrastruk­tuurdienst­e) en senior bestuurder elektriese dienste, Morné Olivier, het hul kundigheid gedeel terwyl die portefeulj­evoorsitte­r vir infrastruk­tuurdienst­e, raadslid Anton Dellemijn, ook die groep vergesel het.

"Ek is verheug oor hierdie innovasie in hoe ons ons wykskomite­es bemagtig. Dit versterk die praktiese bydraes wat ons voorheen gedoen het deur ons wykskomite­elede nader te neem aan van die kernfunksi­es van die munisipali­teit, wat infrastruk­tuur verskaf en dienslewer­ing verseker,” het die Speaker, raadsdame Venolea Fortuin, wat die wykskomite­estelsel voorstaan, gesê.

Vervoer is voorsien en drie opvoedkund­ige sessies sal gehou word om al die wykskomite­elede te akkommodee­r. Die afgelope naweek het wyke 1 tot 5 aan die beurt gekom, met wyke 6 tot 10 en wyke 11 tot 15, wat onderskeid­elik vir 9 Maart en 23 Maart geskedulee­r is.

 ?? ?? Senior bestuurder (elektriese dienste), Morné Olivier (2de van regs) doen ‘n aanbieding by die Sonskynval­lei-substasie.
Senior bestuurder (elektriese dienste), Morné Olivier (2de van regs) doen ‘n aanbieding by die Sonskynval­lei-substasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa